East of Eden
September 29, 2009 in Sonder kategorie
East of Eden
east of eden is ver, ver weg
james dean het destyds daar gewoon
en ek
en pa en ma
en anna
en sanderdie son is lankal onder
ook oor daardie eden
en oor pa en ma
en dalk ook oor die andermaar ek is steeds hier
en james ook
ek het hom gesien
net gisteraand nog
op tv vier
vuurklip
Liani.Mare het gesê op September 29, 2009
“tv vier” het my laat smile!
Sanseveria het gesê op September 30, 2009
Hoe mooi en jonk bly James Dean nie! Marlon Brando het sy jeug oorleef. Wat sou die verkieslikste wees vir iemand in die kollig?
DallaSePa het gesê op Oktober 1, 2009
Ek ook!
Naghings het gesê op Oktober 10, 2009
Ek hou hiervan. Goed geskryf. Sien die ander dag ‘n advertensie oor James Dean op die TV. Hulle wys wat hy moontlik kon word as hy nie gesterf het nie. Anyway, ek het dit heel interessant gevind.
vuurklip het gesê op Oktober 10, 2009
Dankie! Die advertensie het my juis herinner aan die ou gedig.