Die see
September 21, 2009 in Sonder kategorie
Die see in Valsbaai is vanoggend stil soos ‘n spieël sodat elke beweging van die walvisse duidelik uitstaan.
Op die foto sien jy Simonstad in die verte – die walvisse is ongelukkig nie op die foto te siene nie …
zephur het gesê op September 21, 2009
Het die Kaap nog sulke winter weer.
vuurklip het gesê op September 21, 2009
Die Noordwester kom al die afelope twee weke in die vallei af – ononderbroke – en solank as wat dit duur, bly die lente weg. Maar die blommetjies gee nie om nie – hulle blom hulle blom – dis maar ons mense wat ons moet toewikkel om langs die see te gaan stap. Vandag is darem lekker weer!
eiewys-gekkigheid het gesê op September 21, 2009
Pratig Vuurklip!
bloukaap het gesê op September 21, 2009
dagsê
vuurklip het gesê op September 21, 2009
Naandsê! Sedert vanoggend het die wind gedraai en nou waai die Sedoos ons weg.
skophulmaai het gesê op September 22, 2009
ag! presies ‘n jaar terug was ek daar…..en walvisse gesien…. hoe trek my hart ‘n punt…..
skaawagter het gesê op September 25, 2009
wolke soos n skildery..
ysprins het gesê op September 28, 2009
n.a.v. jou kommentaar op my laaste inskrywing, 1. verkrimmel ja, nie verkrummel nie (digterlike vryheid, in hierdie geval aangewend om die misnoë van die ervaarder te kenne gee, te wete dat selfs die verkrUmmeling hier nie is soos wat die digter dit wou of moes ervaar nie, dis ‘n harder, meer kriminele ervaring).
2. opkonstaan, ja, opkonstaan. ‘n nuutskepping deur die digter om aan te dui hoe vinnig, in een beweging die opstaan van sy knieë af sou plaasvind as hy eindelik losgelaat word uit sy gekettingde, biddende posisie.
kerneelsie het gesê op September 28, 2009
Baie mooi