Skoon hande
September 11, 2009 in Sonder kategorie
Almal sê altyd jy moet jou hande was voor jy brood knie.
Maar ek vind dan mý hande juis mooi skoon is ná ek geknie het.
September 11, 2009 in Sonder kategorie
Almal sê altyd jy moet jou hande was voor jy brood knie.
Maar ek vind dan mý hande juis mooi skoon is ná ek geknie het.
Sanseveria het gesê op September 11, 2009
Eish!
kerneelsie het gesê op September 11, 2009
Seker ja, maar waar gaan die vuilheid dan heen???? hehe
kobusvictor het gesê op September 11, 2009
Dankie hiervoor, want ek het dieselfde siening!
eiewys-gekkigheid het gesê op September 11, 2009
Tuisgebak mmmmm lekker Vuurtjie!
vuurklip het gesê op September 11, 2009
Weet nie.
Ek was my hande in onskuld …
feesflerrie het gesê op September 11, 2009
Wat nie doodmaak nie, maak vet!
vuurklip het gesê op September 11, 2009
Mekênieks was hulle se hande vóór hulle gaan piepie.
Boekhouers was hulle hande ná die piepie.
gevolgtrekking: mekênieks het vuil hande …
DallaSePa het gesê op September 12, 2009
Ai … hierdie lyk na die lewe!
skaawagter het gesê op September 17, 2009
Jy ken seker nog die verhaal van die lekker broodjies wat outa Mapela by die jagkamp gebak het nadat die suurdeeg opgeraak het?
vuurklip het gesê op September 17, 2009
Nee! Vertel, vertel!
skaawagter het gesê op September 25, 2009
Na n week in die Bosveld was die suurdeeg op, maar die volgende dag toe die moegwarm jagters by die kamp kom was die potbrood en vetkoeke reg, heerliker as ooit. elke dag het mapela brood gebak soos n meester. toe skoonpa hom op die laaste dag n ekstra fooitjie in die hand stop vra hy terloops hoe sulke lekker brood dan sonder suurdeeg gemaak word? ‘ oubaas sien die piesang by die tros.. eers jy sit hom by die mond..jy kou hom fyn.. dan jy sit hom by die meel en hy rys…en jy knie hom plat..en hy rys…en hy kom by die pot op die vuur…
vuurklip het gesê op September 26, 2009
Nooit, ooit weer piesangbrood vir mý nie, dankie!
Hehe