Skoon hande

September 11, 2009 in Sonder kategorie

Almal sê altyd jy moet jou hande was voor jy brood knie.

Maar ek vind dan mý hande juis mooi skoon is ná ek geknie het.

12 antwoorde op Skoon hande

  1. Seker ja, maar waar gaan die vuilheid dan heen???? hehe

  2. Dankie hiervoor, want ek het dieselfde siening!

  3. Tuisgebak mmmmm lekker Vuurtjie!

  4. Weet nie.

    Ek was my hande in onskuld …

  5. Wat nie doodmaak nie, maak vet!

  6. Mekênieks was hulle se hande vóór hulle gaan piepie.

    Boekhouers was hulle hande ná die piepie.

    gevolgtrekking: mekênieks het vuil hande …

  7. Ai … hierdie lyk na die lewe!

  8. Jy ken seker nog die verhaal van die lekker broodjies wat outa Mapela by die jagkamp gebak het nadat die suurdeeg opgeraak het?

  9. Nee! Vertel, vertel!

  10. Na n week in die Bosveld was die suurdeeg op, maar die volgende dag toe die moegwarm jagters by die kamp kom was die potbrood en vetkoeke reg, heerliker as ooit. elke dag het mapela brood gebak soos n meester. toe skoonpa hom op die laaste dag n ekstra fooitjie in die hand stop vra hy terloops hoe sulke lekker brood dan sonder suurdeeg gemaak word? ‘ oubaas sien die piesang by die tros.. eers jy sit hom by die mond..jy kou hom fyn.. dan jy sit hom by die meel en hy rys…en jy knie hom plat..en hy rys…en hy kom by die pot op die vuur…

  11. Nooit, ooit weer piesangbrood vir mý nie, dankie!

    Hehe

Los ’n antwoord vir vuurklip. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.