Regte egte Boerekos
September 10, 2009 in Sonder kategorie
Ons het vandag by ‘n Indiese restourant gaan eet – en was ek verbaas om my oorle’ Tant Dorie se kerriehoender op die spyskaart te sien!
Sy sou darem vreeslik trots gewees het as sy dit sou kon belewe het.
Ek het die resourant se eienaar daarop gewys dat hulle my tante se naam darem reg moet spel – sy is nie Tandoori nie.
Die kos was baie lekker!
vygie het gesê op September 10, 2009
Nou is ek sommer honger!
Biluqx het gesê op September 10, 2009
He he 🙂 Dit klink lekker.
vygie het gesê op September 10, 2009
Anha, hier by ons is ‘n restaurant met die naam THE PUB. Regte egte boere kos. Hulle braai jou vleis op die vuur, en dan kan jy gaan skep. Daar is groente, van groenboonjies, pampoen, brokoli en nog baie ander. Stamp mielies, pap en shiba. Dan is daar so 20 slaaie om van te kies. Dit is baie lekker. As ek voel die skeerbuik kruip nader (my familie eet nie groente nie, net ek) dan gaan eet ons daar.
VirMyLiefling het gesê op September 10, 2009
Hoe lus kry ek nou!
Trakie het gesê op September 10, 2009
:-))