Lam van God

Augustus 31, 2009 in Sonder kategorie

Agnus Dei

Grootdoenerig verskyn die engel,
Vuur blits uit sy oë
En met vlerke dreigend gesprei,
Annuncieer hy:
"Wees gegroet Maria!
Jy sal jou bene sprei,
En Hom ontvang,
Die heilige wellustige Ram,
En jy sal die Vrug dra,
Vir nege maande sal jy Dit dra,
En verlos word van die Lam,
En Hy sal gebore word in bloed."
En sal so ter slagting gelei word,
En so word vir ons sondes geboet,
En so word ons sondes vergewe.

Maar, kan die Ram
Ooit vir sý sonde vergoed?

                 vuurklip

The Annunciation deur El Greco

4 antwoorde op Lam van God

  1. Ek is sprakeloos…

  2. Ek het dit verstaan my vraag is net hoe bewys enige ‘mens’ dit as jy nie ‘n geestelike is nie…dis waarom ek sprakeloos was.
    Maar jou stelling is joune ek respekteer dit.

  3. Ek het nie daaraan getwyfel dat jy die gedig verstaan nie!

    As ateïs het ek geen geloof in enige godheid nie – dit beteken nie dat ek dink dat daar geen god is nie – dit beteken wel dat ek nie glo nie. As daar wel ‘n god is, soek ek bewyse soos die Ongelowige Thomas.

    Hierie gedig het egter geen “bewys”nodig nie – ek steun op die bybel wat geen aanduiding gee dat Maria ‘n keuse gegee is nie. Dit is vir my ‘n belangrike saak, dat gelowiges dit sonder kommentaar aanvaar dat Maria ge-koöpteer is sonder haar toestemming.

    As feminis is dit vir my onbegryplik. Al is die hele storie slegs ‘n mite, is dit vir my vreemd dat mense dit sonder kritiek sluk.

  4. Dankie vuurklip soos ek sê ek respekteer jou siening.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.