Petisie

Augustus 3, 2009 in Sonder kategorie

Hiermee begin ek ‘n petisie om te vra dat die ou blog-formaat teruggebring word.

Teken die petisie asseblief deur kommentaar te lewer.

As jy nie saamstem nie, begin dan jou eie petisie of doen bloot niks nie – ek soek net kommentaar van diegene wat ook die ou formaat wil terug hê.

9 antwoorde op Petisie

  1. zette het gesê op Augustus 3, 2009

    Ek begin gewoond raak aan die nuwe formaat. Maar ek is doodeerlik – as daar ‘n moontlikheid is dat die oue kan terug gebring word… ek is in!

  2. Verlang ook, dit was vinniger en makliker, en dis nogals ‘n probleem om vir nie-bloggers aanwysings te gee om by my blog uit te kom, nuwer is nie noodwendig beter nie??

  3. Vetjan het gesê op Augustus 3, 2009

    Ou formaat was beter

  4. ek wil voorstel dat ons die naam van die huidige clowns verander na LETTER -CRASH. Wat my verstand te bowe gaan is dat bestuur by 24com en litnet nie hulself verseker het dat die nuwe regime wel substansie het nie.blyk my die gif van middelmatigheid syfer ver en wyd. ai fokken tog!!!

  5. Neander het gesê op Augustus 4, 2009

    Ek het van die begin af gesê die ou formaat moet bly. Sit net die kleuropsie by vir die wat dit wil hê, want dit eet bandwydte. Programmeerders wat self nie blog nie, weet nog nie van betaal of effektiwiteit nie.

    Die ou blog het klein avatars en letters op ‘n kompakte blad gehad, wat bandwydte spaar.
    Verder was die jongste blogs, meeste gelees en meeste kommentaar oombliklik beskikbaar.
    Alles het goed gewerk. Dont fix something that is not broken.

  6. ek is mal oor die feit dat ons ons agtergronde kan mooimaak – maar dis dit! die funksionaliteit van die ou sisteem was hope beter. ek sal enige dag my mooi pienk background opoffer as die damn blogs net weer reg kan werk!

  7. August01 het gesê op Augustus 4, 2009

    EK STEM SAAM, bring die ou formaat terug…

    HUGS

  8. Met die prys van bandwydte.. sal ons net ‘n halwe maand kan blog…. ek hou van die mooi maak van die blogs maar verkies die ou blogland..

  9. Die ou formaat het baie beter gewerk op my selfoon!!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.