Afrekening

Junie 27, 2009 in Sonder kategorie

Afrekening

Die jaar se arbeid
Is afgehandel,
Alle take is voltooid.

Vorms behoorlik ingevul,
Dokuments netjies geliasseer
En alfabeties gerangskik.

Bankstate is gerekonsilieer.
Alle debiete en krediete
Deeglik gebalanseer.

Die Ontvanger se aanslag
Wag op my lessenaar.
Dis tyd om te betaal.

                         vuurklip
                        27 Junie 2009

Foto
                                  

3 antwoorde op Afrekening

  1. Neander het gesê op Junie 28, 2009

    Dankie vir jou kommentare en taalles. Voorspoed!

  2. loudavisi het gesê op Junie 28, 2009

    Alles mooi netjies op datum.
    En betaal sal daar betaal word!

  3. Aproqueen het gesê op Julie 9, 2009

    ek het myself nou vreeslik geniet hier in jou blog-huisie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.