alwyne van seweweekspoort

Junie 25, 2009 in Sonder kategorie

die alwyne van seweweekspoort

hulle hou daar die wag
oor klippe gebreek
deur ‘n mag
wat op meer
as net klippe hom wreek

is daar ook vir ons ‘n wag
en is ons kláár gebreek
of hou hy nog
veel meer in pag
om later ook op ons te wreek?

                   vuurklip

Foto

2 antwoorde op alwyne van seweweekspoort

  1. loudavisi het gesê op Junie 26, 2009

    Lieflike foto – en jou skrywe
    Sjoe!

  2. skaawagter het gesê op Junie 26, 2009

    bitter.. maar ook genesend.

    Aalwynsap is deur die Egiptenare gebruik om hul mummies te balsem, en is amper die enigste plante wat in s a rotskuns afgebeeld is.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.