Alzheimer’s Lite

Junie 17, 2009 in Sonder kategorie

Alzheimer’s Lite

Ek vergeet
Wat het ons gisteraand geëet?

Op watter bladsy is ek nou
en waar ís my boek?

Ek onthou Ma se hande,
Haar droewe oë,
Die groewe langs haar mond.

Hoe het Saterdagaand
Se fliek geëindig?

En wáár is my boek?

    
                   vuurklip

Foto

3 antwoorde op Alzheimer’s Lite

  1. loudavisi het gesê op Junie 18, 2009

    Ai, die ouderdom.
    En niks kan dit keer nie.
    Strongs!

  2. Ag siestog Vuurklip wat ‘n gepaste titel! Wow!

  3. skaawagter het gesê op Junie 23, 2009

    tog is daar baie goeters wat liewer vergeet moet word, ne?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.