Pa

Junie 3, 2009 in Sonder kategorie


Pa I

wat was dit pa
wat het jou laat kom
na afrika?

en hier ver van huis
het jy my laat staan
en toe   doodgegaan

dit was veels te gou pa
want ek wou nog eers …
sê dat ek van jou hou pa
en met jou vriende maak pa
en rondkinkink
en biertjies drink

maar nou is dit te laat pa
te laat vir al die vrae vra
ek wou nog soveel weet pa
van jou
en ma …

vuurklip

7 antwoorde op Pa

  1. Supergirl het gesê op Junie 3, 2009

    …you just made me cry….

  2. perskepit het gesê op Junie 3, 2009

    Verlang ek darem nou na my eie Pa… Is dit ‘n regte foto van jou pa?

  3. Ek sak my kop in eerbied vir jou Vuurklip! Puik!

  4. RietteRoos het gesê op Junie 3, 2009

    Baie goed . . .eenvoudig maar eerlik

  5. jjanajj het gesê op Junie 4, 2009

    vuurklip, hierdie is BEAUTIFUL. die ander gedigte ook. dis opreg, en dis wat dit so besonders maak. baie mooi.

  6. perskepit het gesê op Junie 4, 2009

    Dit is ‘n beautiful foto. Soms wens ek alle mans verstaan hoe groot impak hulle op hulle kinders het. My pa was wonderlik en ek mis hom nog steeds elke dag. Dankie dat jy my saam laat verlang!

  7. neirac het gesê op Junie 4, 2009

    !!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.