Afrekening
Junie 27, 2009 in Sonder kategorie
Junie 27, 2009 in Sonder kategorie
Junie 25, 2009 in Sonder kategorie
Junie 19, 2009 in Sonder kategorie
Mijn vader brak altijd het ijs
vroeg in den winter in den tuin;
wij zochten door het bijtgat schuin
naar goudvissen in ‘t stilstaand grijs.
En als zijn stok het niet meer brak
nam hij de schaatsen uit het vet;
de dromen van ons kinderbed
werden als ijsbootzeilen strak.
Wij gleden weg naar Ilpendam,
soms stopt’ hij even, las de kaart
en streek wat rijpwit van zijn baard.
Maar ‘s avonds zweeg hij in de tram.
Die tijd dat vader ‘t ijs nog brak
is een steeds wijderwordend wak.
E. den Tex (1918)
uit: Slagzij (1942)
Junie 17, 2009 in Sonder kategorie
Ek vergeet
Wat het ons gisteraand geëet?
Op watter bladsy is ek nou
en waar ís my boek?
Ek onthou Ma se hande,
Haar droewe oë,
Die groewe langs haar mond.
Hoe het Saterdagaand
Se fliek geëindig?
En wáár is my boek?
vuurklip
Junie 17, 2009 in Sonder kategorie
daar is soveel
nog te doen
in hierdie tuin
ek stry vergeefs
teen al die groen
van klimop, gras
en opslagkruid
my kruietuin
van marjolein
en roosmaryn
is reeds verswelg
self gaan ek ten gronde
deur molle bedolwe
en oor alles groei weer gras.
vuurklip
Petrus I.24
Junie 16, 2009 in Sonder kategorie
Junie 15, 2009 in Sonder kategorie
Ik ben zo moe, ik ben al veertig jaar groot,
mag ik nog één dagje klein?
Alles doet pijn. Wil jij, liefste van mij,
één dagje mijn moeder zijn?
Mag ik in het stoeltje aan het stuur van je fiets
door de wind langs de weilanden gaan?
Wijs me de zwaluwen, wijs me de zwaan,
wijs me de zon, alsjeblieft.
En geef me een zoen op mijn haar.
Gaan we naar opa, gaan we naar zee
met iedereen die weer leeft?
En zing je voor mij het lied
van het kind dat wel groot wilde zijn
maar dan zonder verdriet?
Ik ben zo moe, ik ben al veertig jaar groot,
mag ik nog één dagje klein?
Alles doet pijn. Mag ik, liefste, naast jou
slapen in het grote bed?
Kus me dan zacht op m’n voorhoofd en zeg:
Schat, droom nu maar mooi.
Maar ik sta op in de nacht en jij vraagt:
Ben je te moe om te slapen? Ik ook.
En ik heb liever niet dat je rookt.
Sjoerd Kuyper (1952)
uit: September (2009, Nieuw Amsterdam)
Junie 13, 2009 in Sonder kategorie
“Madonna has Mercy”
Dit klink soos ‘n oproep vir die gebed:
“Wees gegroet Maria, vol van genade, die Heer is met U …”
Foto:
http://www.the-movie-times.net/pictdir3/actresses/gallery/madonna/madonna57.jpg
Junie 13, 2009 in Sonder kategorie
Junie 12, 2009 in Sonder kategorie
Die Kissie.
Die son bak wit op die binneplein – wit soos die skulp van
’n josefslelie, wit soos ’n sluier. Kleur is uitgewis onder die genadelose son.
Daar is ’n outomatiese skuifdeur vir aflewerings en
ontvangstes.
Die man by die toonbank van die kraaminrigting kyk uit op
die binneplein, hy sien die hitte uit die sementblad opslaan in skitterende
golwe. Hy sien die skuifdeur en die versengde wit sementblad. Hy sien dit maar
neem dit nie in nie.
Buite hou ’n wit bakkie stil. Dis ’n gewone bakkie met ‘n logo
op die kajuitdeur. Dis te ver vir die man om die logo uit te maak.
Die man sien hoe iemand uitklim en doelgerig na die
skuifdeur loop. Agter hom skuif die deur toe.
Agter die toonbank werskaf twee nonne om sy rekening op te
stel. Hulle blik en houding is vol deernis en blyke van meegevoel. Hulle
gesigte is omlyn met die wit rand van die lanferswart habyt. Asof hulle voltyds
in rou is.
Buite gaan die skuifdeur oop.
Die man van die bakkie kom tevoorskyn. Hy het iets wits
onder sy arm. Dit lyk soos ’n kissie. Hy gooi dit argeloos agter op die bakkie.
Die man se vrou is die vorige aand ontslaan. Die dogtertjie
was dood by geboorte. Sy was volmaak gevorm, swart haartjies, melkbleek vel –
Sneeuwitjie ná die gifappel.
Die non het hom gewys op die wurgmerk wat die naelstring om
die nekkie gelaat het. Eers later besef hy die non se growwe mistasting – hy
kon vireers nie die gebeure objektief oordink nie.
Nou moet hy die rekening vir die bevalling betaal.
’n Non stoot die rekening oor die toonbank. Die man
oorhandig sy kredietkaart – hy slaan geen ag op die bedrag nie. Hy wag vir die
strokie wat geteken moet word. Dan
hy weer terug na die woonstel waar sy vrou wag.
Die man teken die strokie. Hy sit sy kredietkaart terug in
sy beursie en tel sy motorsleutels van die toonbank op. Hy hoor nie die non se
groet nie.
Die verkeerslig is rooi, hy wag vir die groen lig. Opeens
sien hy weer in sy geestesoog die skuifdeur wat oopgaan, hoe die man die kissie
op die bakkie gooi.
“My God!” dink hy, “is dit die kissie?”
Foto:
http://farm1.static.flickr.com/113/295099828_58422c69ea.jpg?v=0
Onlangse kommentare