Jy blaai in die argief vir 2009 April.

Sonnet vir Pase

April 9, 2009 in Sonder kategorie

                 

Kruistog


 Hy’t aan die kruis gesterf
In opdrag van die vader
Dat ons die ewig’ lewe erf

Al kom ons sterfdag nader


Hy’t ook geweet sy dood
Was net vir ’n paar dae
En, al was die offer groot,
Help almal hom steeds dra


Maar mense sterf alleen
Geen Simon van Cirene
Om
hulle kruis te dra


Niks groots is aan óns opgedra
Ons strompel voort op eie bene
Óns kruis dra ons alleen.


                        vuurklip

Ikoon:
www.danielbrinza.com/images/icons.htm

massa protes-aksie

April 8, 2009 in Sonder kategorie

100 000 protesters in Bangkok
More
than 100 000 anti-government protesters have rallied in Bangkok in
their biggest bid yet to topple Prime Minister Abhisit Vejjajiva.

Sou ons so iets kon mobiliseer teen die NVG (NPA)

Of is ons te slapgat?

Kameraad Beskermheer

April 8, 2009 in Sonder kategorie

Ek hoor Kameraad President gaan baklei vir die onafhanklikheid van die regbank.

Die hemel behoed ons as hy ook die onafhanklikheid van die media opneem!

Onnosel?

April 7, 2009 in Sonder kategorie

Op die dag van die ontsnapping van “kameraad president” (soos Mantashe hom noem) lees ons in Die Burger hoe ‘n hoge ANC amptenaar in Hermanus met 3mil rand se perlemoen vasgetrek is.

Die kersie op die koek is Garth Strachan se woorde “die gereg moet sy loop neem ongeag die persoon”.

Is die man stupit of dink hy óns is, of dalk is dit albei? Besef hy die ironie?

Foto:
Janine van der Riet
Die Burger, 7 April 2009

Vakansie bestemming

April 6, 2009 in Sonder kategorie

As jy hierdie vakansie die Wes-Kaap besoek móét jy by Pniel ‘n draai maak. Hierdie pittoreske dorpie aan die voet van Simonsberg se geskiedenis is diep verweef met die oorspronklike inheemse bevolking, die Oosterse slawe, die Sendeling-invloed en Simon van der Stel se wyn-kultuur.

Knus langs Pniel lê ‘n kleiner dorpie, kleiner maar nie minder pittoresk, te klein om op toeristekaarte te verskyn, maar deur haar skoonheid, laat sy Pniel behoorlik uitstaan.

Moet dus beslis nie Pniel en Pnoes tydens jou besoek aan die Wes-kaap oorslaan nie!

Verloorders

April 6, 2009 in Sonder kategorie

Vandag is alle Suid-Afrikaners verloorders – Ja – selfs JZ.

6 April

April 6, 2009 in Sonder kategorie

Vadag vier ons JZ se ontsnapping.

Vroeër jare het ons ander gebeure gedenk.

As dit maar ‘n Aprilgrap was …