Oom Angus en Jesus

April 27, 2009 in Sonder kategorie


Twee aanhalings uit vanoggend se koerant:

“Ek is deur Jesus van die randjie van die dood teruggebring.”

Buchan het gesê waar hy op die gras gelê het, het hy meer hulpeloos
gevoel as ooit tevore. Hy het gedink as Jesus nie nou iets doen nie,
gaan hy dit nie oorleef nie.

Toe hulle met die helikopter opgestyg het, het hy afgekyk en gesien
hoedat die skare mans saamgetrek is om vir hom te bid. Hy dink dis toe
dat hy genees is.


Nou kom daar by my twee vrae op:

1) Waar was Jesus toe Oom Angus ineengestort het, en

2) Hoeveel mense moet gelyktydig bid om gehoor te word. Tienduisend?, Honderdduisend? Lyk my Oom Angus het soveel nodig. Één is klaarblyklik te min vir die Oom.

Saamstaan manne!

Foto: Oom Angus wuif vanuit sy heavenly chariot.
http://www.dieburger.com/Stories/News/19.0.1493940437.aspx

6 antwoorde op Oom Angus en Jesus

  1. anskrige het gesê op April 27, 2009

    Ai, maar die heros kan val…
    Kyk hoe het die arme Eugene destyds van sy perd afgeval ook… en later uit die bus geval.

  2. DallaSePa het gesê op April 27, 2009

    Oooo … hulle gaan jou kruisig!
    😉

  3. vuurklip het gesê op April 27, 2009

    Nee, wat, dan sou ek al twee keer hierdie maand gekruisig gewees het, kyk maar na die Sonnet vir Pase en Thor met die hamer.

    Hehe.

  4. TheSpear het gesê op April 27, 2009

    Oom Angus is befok in sy kop. Jammer maar hy is en mense vreet sy bullshit op.

  5. Neander het gesê op April 27, 2009

    Vuur, die mag van bygeloof is baie sterker as wat ons dink.
    Dankie vir die besoekie, ek het die grppie net so van die web gekry.

  6. Interloper het gesê op Mei 4, 2009

    Ag asseblief gee my krag.

Los ’n antwoord vir Interloper. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.