Sonnet vir Pase
April 9, 2009 in Sonder kategorie
Kruistog
Hy’t aan die kruis gesterf
In opdrag van die vader
Dat ons die ewig’ lewe erf
Al kom ons sterfdag nader
Hy’t ook geweet sy dood
Was net vir ’n paar dae
En, al was die offer groot,
Help almal hom steeds dra
Maar mense sterf alleen
Geen Simon van Cirene
Om hulle kruis te dra
Niks groots is aan óns opgedra
Ons strompel voort op eie bene
Óns kruis dra ons alleen.
vuurklip
eiewys-gekkigheid het gesê op April 9, 2009
Ek weet nie wat om te se nie, dit is pragtig verby!