Onnosel?
April 7, 2009 in Sonder kategorie
Op die dag van die ontsnapping van “kameraad president” (soos Mantashe hom noem) lees ons in Die Burger hoe ‘n hoge ANC amptenaar in Hermanus met 3mil rand se perlemoen vasgetrek is.
Die kersie op die koek is Garth Strachan se woorde “die gereg moet sy loop neem ongeag die persoon”.
Is die man stupit of dink hy óns is, of dalk is dit albei? Besef hy die ironie?
Foto:
Janine van der Riet
Die Burger, 7 April 2009
zephur het gesê op April 7, 2009
Stem saam met Faansie, hoe is enige vervolging nou moontlik…
Wel as witman weet ek as ek kak aanvang gaan ek die volle gereg op my rug hê dis verseker…
eiewys-gekkigheid het gesê op April 7, 2009
Op die ekonomiese nuus vanoggend het hulle gese die besluit van die NPA sal SA oor vyftien jaar nog affekteer! Nee dit is lankal nie ‘n kwesie van vel kleur nie, dit het egter baie te doen met reg en verkeerd.
Doubtingthomas het gesê op April 8, 2009
Stem saam. Alles het in ‘n tipiese Afrika-sirkus ontaard.
kobusvictor het gesê op April 12, 2009
Ons het die beste grondwet in die wêreld. “But it is just another slip of paper.” Die mense wat dit moet uitvoer en daaronder buig, vertrap dit met hulle voete. Daarmee saam word ook die reg verkrag! Daardie spotprent van Zappiro van destyds is sprekend!