Jy blaai in die argief vir 2009 Maart.

God en die ANC

Maart 19, 2009 in Sonder kategorie


Daar kom Oom Jacob met die mening dat God met die ANC is.

Wel, ek het nuus vir hom – God is te besig vir die ANC – hy is voltyds bedrywig met die Bulle se Super 14 voorbereidings.

Julle moet weet so ‘n Super 14 voorbereiding is ‘n voltydse werk, daar is nie tyd vir beuselagtighede soos duiwels, politici (selle ding eintlik) en verhongerende Zim of Somaliese kinders nie – om nie te praat van talle ander euwels hier en elders nie.

Gister (weer)

Maart 19, 2009 in Sonder kategorie

Het gister ‘n gedig geplaas waar die verlede as ‘n verre en onbereikbare land beskryf word.

In die gedig van Ingmar Heytze wil hy tyd laat terugloop!

       Rijrichtingen

       Ik denk dat ik nog weet wanneer de stad
       vastliep; de dag dat jij de straat uit reed, drie
       volle koffers in de achterbak. Achter je schoot
       een woud van borden en paaltjes omhoog.

       Sindsdien staat alles stil. Ik kom er niet meer
       uit, alsof ik in een stenen puzzel woon.Misschien
       neemt iemand van hogerhand een besluit dat het
       verkeer weer in beweging zet, in zijn achteruit;

       kom je knarsend teruggereden, door gestaag
       omhoogvallende regen, tegen de rijrichting in.

       Ingmar Heytze (1970)
       uit: Utrecht voor beginners (2009)

Gister

Maart 18, 2009 in Sonder kategorie

Gister

Daar is ‘n verre land,
‘n Land van lief en leed,
Waarvan ons veels te veel onthou,
En bitter min vergeet.

Daar is ‘n verre land,
In ruimte en in tyd,
En soveel wat ons daarin doen,
Lei net tot selfverwyt.

Daar is ‘n verre land,
‘n Land van spieël en glas,
Die stempels in ons paspoort wys,
Dat ons eens burgers was.

Na daardie verre land,
Bestaan geen roete meer,
Paspoort en visum het verval,
En daar is geen terugkeer.

vuurklip

Liberté, egalité, fraternité?

Maart 16, 2009 in Sonder kategorie

Loop onlangs onderstaande aanhaling raak. Wat het dit met ons te make? Kan ons dit toepas op die manier wat regstellende aksie toegaps word? Sien ons al tekens van neither equlity or freedom?

Grafika:
http://mbatm27.files.wordpress.com/2007/11/11152007_milton_friedman1.jpg

Milton Friedman:

A
society that puts equality – in the sense of equality of outcome –
ahead of freedom will
end up with neither equality or freedom. The use
of force to achieve equality will destroy freedom. On the other hand, a
society that puts freedom first will, as a happy by-product, end up
with both greater freedom and greater equality. Freedom means diversity
but also mobility. It preserves the opportunity for today’s less well
off to become tomorrow’s rich, and in the process, enables almost
everyone, from top to bottom, to enjoy a richer and fuller life.

Luilekkerland!

Maart 15, 2009 in Sonder kategorie

Kan iemand asb. onderstaande aan ons politici deurgee – hulle sal soos blits na daai groot soustrein oorloop.

Grafika:
http://www.bluemoonwebdesign.com/cart/images/paintings/tropical_forest.jpg

Breaking News Alert
The New York Times
Saturday, March 14, 2009 — 8:23 PM ET
—–

A.I.G. to Pay $100 Million in Bonuses After Huge Bailout

Despite being bailed out with more than $170 billion from the
Treasury and Federal Reserve, the American International
Group is preparing to pay about $100 million in bonuses to
executives in the same business unit that brought the company
to the brink of collapse last year.

Read More:
http://www.nytimes.com/?emc=na

Vat hom Dawie!

Maart 12, 2009 in Sonder kategorie

Alweer uit die dierbare Die Burger!

Verlede Saterdag, 7 Maart laat Dawie homself uit oor klimaatverandering – en dan begin hy met die mite van die Noble Savage as hy sê:

Dis vandag allerweë bekend dat bevolkings soos die Khoisan, Australië se Aborigines, die Indiane van Noord Amerika in volslae harmonie met hulle omgewing gelewe het.

Nou kyk, as iemand begin met stellings soos allerweë bekend of algemeen bekend moet jy dadelik jou bullshit detector aanskakel want hier maak iemand ‘n stelling wat hy óf nie kan staaf nie, óf te lui was om bewyse aan te voer.

Ons kan dalk nog ‘n agtiende-eeuse leunstoel filosoof (Jean-Jacques Rousseau) verskoon met sulke opvattings wat spruit uit die Noble Savage ideaal, maar ons is vandag darem al verder as dit.

Daardie soort luiheid het geen plek in ‘n koerantrubriek nie.

Daar is net te veel goed wat “algemeen bekend” is, wat óf volslae bog is soos die stelling hierbo, óf kontroversieel en onbewese. Dink maar aan maagdelike geboortes, die skepping binne ses dae ses duisend jaar gelede, homeopatie, astrologie, die hiernamaals, ens., ens.

Wat dalk minder “algemeen bekend” is, is dat, tesame met die verskyning van die mens in die Amerikas, Australië en New Zealand, daar talle van die groter (en dalk kleiner) spesies uitgesterf het. Dit is wel kontroversieel of die mens daarvoor verantwoordelik was, en of hulle net ‘n bydraende faktor was.

Dis gewoon onsinnig om te dink dat die mens ooit in harmonie met die natuur gelewe het. Dis net dat ons voorouers in te klein getalle voorgekom het en hulle tegnologie te primitief was, dat hulle impak op die omgewing so gering was, dat dit na “harmonie” gelyk het.

Die oënskynlike “harmonie” in die natuur word nie deur goedertierenheid gehandhaaf nie. As roofdiere te vinnig aanteel, vreet hulle te veel prooi, en vrek hulle van die honger. Die “harmonie” is ‘n harde, koue, gevoellose, (‘n beter woord is indifferent) en genadelose werklikheid wat sonder enige sweem van sentiment die balans handhaaf.

Nou het ek nog niks gesê oor die mistasting van die koolstofvoetspoor en wat dit ons gaan kos sonder dat dit hoegenaamd iets aan die klimaat gaan verander nie. Maar dis ‘n ander storie …

Grafika:
http://en.wikipedia.org/wiki/Noble_savage

Daar lê die ding!

Maart 11, 2009 in Sonder kategorie

Ons agbare en kundige Minister van Binnelandse Sake kondig op TV aan dat die nuwe paspoorte sekere nuwe veiligheidskenmerke het. Sy wéét hulle het sulke kenmerke. Wat die kenmerke is, weet sy egter nie – maar die mense wat die onwerp gedoen het, “wéét wat hulle doen, en ons vertrou op die besluite wat hulle namens on geneem het”.

Dankie, agbare minister, nou wéét ons darem ook.

Ongelukkig gaan dit weinig help om vervalsing te keer – al is dit nou moeiliker om ‘n paspoort te vervals, lê die probleem by korrupte amptenare wat steeds na hartelus die nuwe paspoorte sal verkoop, met of sonder valse inligting daarin vervat.

Bron van vermaak

Maart 10, 2009 in Sonder kategorie

Nee, dis nie wat julle dink nie! Die Burger is immer ‘n bron van vermaak. Wyle Toon Hermans het altoos gesê dat die koerante sy scripts vir hom skryf.

In die koerant van 9 Maart is daar dié versie van Barend J Toerien:

    Animal Planet

    Die luiperd wat die wildsbok neertrek,
    die keel afbyt, bly sierlik pragtig met sy kolle,
    sy medaljes, wat moord mooi laat lyk.

Die versie bevat m.i. ‘n fatale denkfout (fataal vir die vers), die luiperd pleeg immers nie moord op sy prooi nie? Hy het geen gevoel van haat nie, hy doen maar net wat luiperds doen.

Die moordenaars is ons mense. Ons maak nie net dood om te oorleef nie. Ons maak dood om ander mense se goed af te vat, uit haat, uit wraak.

Foto:
http://artfiles.art.com/images/-/John-Dominis/Leopard-About-to-Kill-a-Terrified-Baboon-Photographic-Print-C13879114.jpeg

Diep waters!

Maart 10, 2009 in Sonder kategorie

Ons geagte minister (soos gerapporteer in Die Burger vanoggend, Dinsdag 10 Maart) van verdediging is besorgd oor die uitdagings wat aardverwarming aan die vloot stel – hy bekommer hom oor die “vinnig smeltende ys” wat see vlakke sal laat styg.

Vir ‘n vloot wat skaars sy huidige uitdagings die hoof kan bied, sal ‘n paar sentimeters diepr water dalk die laaste strooi kan wees?

Ek sou juis dink dat dieper water minder uitdagings bied – gevaarlike riwwe lê dan immers dieper?

Verder sê ons geagte minister dat die onlangse tsunami ‘n “vroeë waarskuwing” is!

Onse minister is dalk self ‘n groot bron van “hot air”.

Grafika:
http://trotter.infopages.net/images/galleon2-l.jpg