1947

Maart 21, 2009 in Sonder kategorie

inskripsie:
mammie’s liefste ding
in pappie’s grote schoenen

wat het daardie kind
geweet van lewe, liefde, soene
hartseer en berou
of hoe sy wêreld se gebeure
hulle later sou ontvou?

wat kan dié ou man
vandag onthou
van daardie kinderlike innerlike
wat so onbevange
sy mammie en die kamera
aanskou?

2 antwoorde op 1947

  1. Izakdv het gesê op Maart 21, 2009

    dis goed om nie vooraf te weet nie

  2. Kyk net daai skoene so verkeerdom. Sad maar eerlik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.