God en die ANC

Maart 19, 2009 in Sonder kategorie


Daar kom Oom Jacob met die mening dat God met die ANC is.

Wel, ek het nuus vir hom – God is te besig vir die ANC – hy is voltyds bedrywig met die Bulle se Super 14 voorbereidings.

Julle moet weet so ‘n Super 14 voorbereiding is ‘n voltydse werk, daar is nie tyd vir beuselagtighede soos duiwels, politici (selle ding eintlik) en verhongerende Zim of Somaliese kinders nie – om nie te praat van talle ander euwels hier en elders nie.

3 antwoorde op God en die ANC

  1. anskrige het gesê op Maart 19, 2009

    Lol…
    My een tannie het vreeslik bekeerd gedra en my ma het haar een dag vertel sy moet ophou om die Jirre so te pla met haar biddery, hy is besig…

  2. vuurklip het gesê op Maart 19, 2009

    Liz:
    Hoe vorder die bubble wrap poppery? Ek verneem ‘n kragtoer is om ‘n okkerneut te crack …

  3. Berwick het gesê op Maart 19, 2009

    Die Bulls – hehehe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.