Gister

Maart 18, 2009 in Sonder kategorie

Gister

Daar is ‘n verre land,
‘n Land van lief en leed,
Waarvan ons veels te veel onthou,
En bitter min vergeet.

Daar is ‘n verre land,
In ruimte en in tyd,
En soveel wat ons daarin doen,
Lei net tot selfverwyt.

Daar is ‘n verre land,
‘n Land van spieël en glas,
Die stempels in ons paspoort wys,
Dat ons eens burgers was.

Na daardie verre land,
Bestaan geen roete meer,
Paspoort en visum het verval,
En daar is geen terugkeer.

vuurklip

5 antwoorde op Gister

  1. Dis pragtig!!

    Ek dink ek is ook vasgevang in daardie land. Wonder of my hart my ‘n visum sal gee vir ‘n tweede kaans?…

  2. Hartseer…

  3. abrham het gesê op Maart 19, 2009

    gelukkig is die ‘binneland’ onvervreembaar

  4. vuurklip het gesê op Maart 19, 2009

    abrham:
    Nee, die “binneland” verdwyn ook! Daar is soveel wat ons wel vergeet en die vlietende jare help ook nie! En so, stuk, stuk, verloor jy jou lewe en jou verlede …

  5. dit bring n knop in my keel. Hoop jy onthou mooi goeters

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.