Daar lê die ding!

Maart 11, 2009 in Sonder kategorie

Ons agbare en kundige Minister van Binnelandse Sake kondig op TV aan dat die nuwe paspoorte sekere nuwe veiligheidskenmerke het. Sy wéét hulle het sulke kenmerke. Wat die kenmerke is, weet sy egter nie – maar die mense wat die onwerp gedoen het, “wéét wat hulle doen, en ons vertrou op die besluite wat hulle namens on geneem het”.

Dankie, agbare minister, nou wéét ons darem ook.

Ongelukkig gaan dit weinig help om vervalsing te keer – al is dit nou moeiliker om ‘n paspoort te vervals, lê die probleem by korrupte amptenare wat steeds na hartelus die nuwe paspoorte sal verkoop, met of sonder valse inligting daarin vervat.

3 antwoorde op Daar lê die ding!

  1. zephur het gesê op Maart 11, 2009

    Presies, verkoop van daai paspoorte sal nog gebeur met onbekende veiligheidskenmerke en al.

  2. maninblack het gesê op Maart 11, 2009

    Ek het ook na die stommiteit op tv geluister.

  3. loudavisi het gesê op Maart 11, 2009

    As die veiligheidskenmerke onbekend is, hoe sal die wat moet, dit herken?
    Toemaar, my vraag is simpel..
    lol

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.