Onderwys en Sir Isaac

Februarie 4, 2009 in Sonder kategorie

Isaac Newton het iets gesê soos:

“If I have seen further than other men it is because I have stood on the shoulders of giants”

In ons beskawing is alles wat ons het, gebou op die briljantheid van dié wat ons vooraf gegaan het – ons staan op hulle skouers en trek voordeel uit hulle werk ondanks ons eie middelmatigheid.

Van kinders in ons skole word verwag om self van vooraf die wiskunde-wiel uit te vind – om self te ontdek wat genieë voor hulle oor duisende jare ontdek het.

Lyk my die ideoloë wat hiervoor verantwoordelik is, is dwerge wat agter reuse staan en dus nie verder as hulle neuse kan sien nie.

1 antwoord op Onderwys en Sir Isaac

  1. Flippen flippen wow!!
    Dis nou waar…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.