Russiese kernboot I
Januarie 14, 2009 in Sonder kategorie
So, die skip is in Tafelbaai se hawe vasgemeer.
Glo onder streng voorwaardes.
Die skip het glo ‘n swak onderhoudsrekord. Nou wonder ek hoe enige voorwaardes ‘n ongeluk kan voorkom?
Ek kan my nie oor die erns van die risiko uitspreek nie, maar dit lyk my onsinnig om te dink dat ons enige voorwaardes op die Russe kan afdwing.
En die kersie op die koek is die stelling dat die water (in die hawe) vir radioaktiwiteit getoets gaan word na die skip se vertrek.
Nou, waddehel gaan ons doen as die see in die hawe radioaktief is? Die koeël is dan immers reeds deur die kerk!
Praat van stjoepit …
kookpunt het gesê op Januarie 14, 2009
Die mense is soos passers. Redeneer alom hulle eie gatte
skaawagter het gesê op Januarie 15, 2009
darem n mooi skeep…het spesiaal stad toe gery om te gaan kyk. Waarskynlik heelwat minder gevaarlik as al die kernafval wat by Koeberg le…