Hoera!
Januarie 21, 2009 in Sonder kategorie
Januarie 21, 2009 in Sonder kategorie
Januarie 16, 2009 in Sonder kategorie
Nou ja, die skip gaan glo help om die Somaliese seerowers vas te vat.
In die koerant lees ek dat die sedoos te sterk was vir die skippie (wat met een lading kernbrandstof 50 keer om die aarde kan vaar), die uittog moes dus uitgestel word.
My raad aan hulle is om maar ‘n wye draai om Somalië te gooi. Hy’t mos genoeg kernpetrol aan boord!
Januarie 14, 2009 in Sonder kategorie
So, die skip is in Tafelbaai se hawe vasgemeer.
Glo onder streng voorwaardes.
Die skip het glo ‘n swak onderhoudsrekord. Nou wonder ek hoe enige voorwaardes ‘n ongeluk kan voorkom?
Ek kan my nie oor die erns van die risiko uitspreek nie, maar dit lyk my onsinnig om te dink dat ons enige voorwaardes op die Russe kan afdwing.
En die kersie op die koek is die stelling dat die water (in die hawe) vir radioaktiwiteit getoets gaan word na die skip se vertrek.
Nou, waddehel gaan ons doen as die see in die hawe radioaktief is? Die koeël is dan immers reeds deur die kerk!
Praat van stjoepit …
Januarie 13, 2009 in Sonder kategorie
Engelse sokker word nou deur Global Warming geraak – ‘n aantal wedstryde is afgestel omdat sokkervelde hard gevries is!
Onlangse kommentare