oerknal

September 8, 2008 in Sonder kategorie

oerknal

in die oerknal word
na baie kort
die ganse heelal
uitgestort

ons kennis
van die kosmos
van kwark tot kwasar
skyn kompleet

feite en teorieë wemel
soos snags sterre
aan die hemel

deur soveel weet
is ons verblind
die donker word vergeet

Foto:
http://www.news.wisc.edu/newsphotos/milkyway.html

2 antwoorde op oerknal

  1. lekker gese!

  2. Neander het gesê op Januarie 16, 2009

    Lekker blog oor die oerknal. Ek is lid van die ASSA en leer meer en meer daaroor. Terloops die foto is van ‘n spiraal galaksie, waarin die aarde se posisie gesuperponeer is.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.