Last post

September 8, 2008 in Sonder kategorie

Voorlopig my laaste blog inskrywing …

vervreemding

mense val my áf
soos bas van ‘n bloekom

my jaarringe sluit
al meer en meer uit

en eendag as ek brand tot as
weet niemand hoe alleen ek was 

                        Joop Dullaart

11 antwoorde op Last post

  1. Ek is so verskriklik gaande oor jou! Briljant, vernaamlik omdat dit praat met my wat wil-wil in isolasie gaan, omdat dit beter is om alleen te wees, lekkerder….

  2. Fantastiese gedig, en ek het die poësie nog altyd liefgehad.

    Ek sal jou naam onthou en hoop om jou weer iewers raak te loop.

  3. Ek se hopeloos te min op jou blog.
    Jy slaan my amem weg!
    Ek hou van die “voorlopig”

  4. Treffend en baie waar.

  5. ok ons gee jou ‘n week vakansie……

  6. Koebaai vir eers

  7. Danie aan almal vir julle mooi woorde en komplimente.

    Kammakazi: Nee, geen formele publikasie nie. Die establishment het my al verskeie kere geweeg en te lig bevind …

  8. Kammakazi: My werk is té verstaanbaar (lees eenvoudig) het té min interteks, té min postmodernistiese kenmerke, té min metafore – in Antie Joan se woorde: Dankie, nee …

    Nou pleeg ek my goedjies maar hier in die kuberruim.

  9. abrham het gesê op September 11, 2008

    joop, dan kom pis die swart hond met sy stink asem nog teen my boom! fok.

  10. sal nooit weer n bloekomboom verby kan ry sonder om jou eensaamheid aan te voel nie. Daai skaduwee is darem pertykeer lekker!

  11. LEES EK OOK NOU JOU BLOG RAAK… VAN AL JOU WERK TREF HIERDIE EEN MY… hOEKOM? kYK NA JOU WOORDE EN KYK DAN NA DIE BOOM.. DRAAI JOU KOP EFFENS SIEN DIE MENS SE BENE .’N PERFEKTE V lyk of sy velle letterlik afval soos die bas…
    “mense val my áf
    soos bas van ‘n bloekom”

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.