Stiltes

September 7, 2008 in Sonder kategorie

 

Stiltes

Ek hoor duisendpoottreine
klik-klak oor onsigbare wissels;
vlinders gevang in silwer seine
gespan tussen sadende dissels.

Die kind hoor weer hoe treine stoom;
vliegtuigskroewe die lug deurboor;
stemme redekawel oor water in die voor.
Die terugkeer is ‘n nog ongedroomde droom.

Dan, oorkant die vallei:
‘n Haan wat kraai,
dit dwing my terug,

en met die tussenspel verby
is die stilte verraai
en die herinnering nog net ‘n sug.
                           Joop Dullaart

Foto:
http://buytaert.net/album/miscellaneous-2005/dandelion

1 antwoord op Stiltes

  1. my.aengus het gesê op September 7, 2008

    *sug* Pragtig – veral die eerste strofe 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.