vuurpyl
September 4, 2008 in Sonder kategorie
vuurklip
In die harde koudheid
van ‘n ou vergange voortyd
moes ons uit chert
die vlyme vorm
vir jag met spies en pyl.En met die kap van klip
het daar ‘n vuur gespat:
‘n vlam
wat deur swaartekrag
se bande brand
om so ‘n pyl van vuur
op ver planete
te laat land
Joop Dullaart
Ceara het gesê op September 4, 2008
Baie goed – in woord en idee konstruksie.
anskrige het gesê op September 4, 2008
Ek geniet hoe jou kop werk, vuurklip…
vuurklip het gesê op September 4, 2008
Aaah! Lorinda, Kammakazi, Liz – rieme onder hart, julle, rieme.
ezile het gesê op September 5, 2008
Jou gedig en die foto laat my dink aan die film “October Sky” – het jy dit ooit gesien? Dis ‘n gunsteling. Jou gedig het sopas ook een geword.