Klippie in my skoen
September 2, 2008 in Sonder kategorie
‘n Ding wat my irriteer is mense wat nie op geldige navrae reageer nie.
Ek kry bv geen respons van óf Litnet óf die Mont du Toit Wynkelder oor die Wynkwatryn-projek nie.
Destyds was daar ‘n koerant-aankondiging van die projek – jors troelie spring to dadelik aan die werk en lewer die volgende:
cabernet se donker bloed
kan soms die skugter muse voed
sodat daar dalk ‘n vers verskyn
van lief en leed en bittersoet
Toe ek dit wou voorlê moes ek sien dat net 20 “gevestigde” digters/skrywers genooi is – én dat die kwatryn die woorde wyn of druif of wingerd moet bevat.
Ewentwel, my poging word toe darem apart geplaas en in my nie so beskeie opinie was dit verreweg nie die swakste inskrywing nie!
Ek sou graag wou weet hoe die projek toe verder verloop het. Maar nóg Litnet, nóg Mont du Toit reageer op navrae.
&%&^%%#[email protected]@#
Skilder:
Jan Steen
SureSlim het gesê op September 2, 2008
Daai klomp etters!
vuurklip het gesê op September 2, 2008
Kammakazi: Dankie! Groot kompliment.
Melt: Nè! Jy skuld my ook nog ‘n antwoord! Hehe.
BrandonLee het gesê op September 2, 2008
Jou kwatryn is goed. Lyk dit vir my of die “genooides” nie juis lus was vir wynkwatryn skryf nie?
vuurklip het gesê op September 3, 2008
Ek dink die projek het ‘n stille dood gesterf omdat die bydraes te vrot was …