Nog ‘n klad!

September 1, 2008 in Sonder kategorie

 In vandag (1 September 2008) se Die Burger is daar ‘n resensie deur Pieter Kapp van Peter Shumacher se boek: Voor het vaderland weg.

Die resensie verskyn onder die opskrif:
Minder bekende klad op Nederland én SA se naam.

Die boek handel oor Nederlandse burgers buite Nederland wat onregmatig deur die Nederlandse regering in balling opgeroep is om militêre diensplig te verrig.

Amerika en Kanada het hulle immigrante beskerm tewyl die Smuts-regering die Nederlandse regering ondersteun het.

Dié wat diensplig geweier het, en wat vasgetrek is, is onder haglike omstandighede na tronke in Suriname en Curaçao verban.

My pa was een van die wat vier jaar van sy lewe vir die Konigin moes opoffer en as dank het die Nederlandse regering ons Nederlandse nasionaliteit en burgerregte eensydig opgeskort – sonder enige kennis en geen moontlikheid van appél nie.

Die volledige resensie is hier:
http://www.dieburger.com/Stories/Entertainment/Books/18.0.829688653.aspx

2 antwoorde op Nog ‘n klad!

  1. Izakdv het gesê op September 1, 2008

    So jy het dit aan eie bas gevoel? Het die resensie gesien…

    Izak

  2. Izak: Ja, Pa moes sy gesin vir 4 jaar verlaat en sy lewe op die spel paas sodat die Koninin vandag lekker op haar troon kan sit. Ons is nou weggooigoed en het nie meet enige nut nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.