Oog
November 3, 2014 in Uncategorized
November 3, 2014 in Uncategorized
September 21, 2014 in gedigte
William Kentridge https://www.youtube.com/watch?v=QyEdSWvlN1M
Biografie
Ek het ‘n boek
Van baie blaaie.
Het aanvangs te vinnig gelees,
Paragrawe oorgeslaan,
Sinne misverstaan.
Ontgogel deur misverstand.
Ek lees nou langsamer,
Blaai teësinnig om,
Ontleed elke paragraaf,
Proe versigtig aan elke woord.
Langtand op pad
Na die laaste bladsy.
©vuurklip
n.a.v. ‘n Lesing deur William Kentridge
Woensdag 17 September 2014
Junie 1, 2014 in Uncategorized
Junie 1, 2014 in Uncategorized
Mei 26, 2014 in gedigte
Mei 19, 2014 in Allerlei, katastrofes
Litnet Blogs is gebou op die gratis WordPress sagteware. Die stelsel laat jou groot vryheid toe om die werf wat jy daarmee bou, te customise.
Die probleem is, dat hoe meer jy customise, hoe groter is die kans dat die werf sal breek as jy van WordPress se updates gebruik maak, iets wat ongelukig onvermydelik is as jy jou werf veilig wil hou.
As jou werf dan deur updates gebreek is, is dit ‘n byna onbegonne taak om om uit te vind waar die fout lê.
Dis duidelik dat die kindertuin-programmeerders die Litnet Blogs uitvoerig ge-customise het, dat onlangse updates die werf gebreek het, en dat hulle nou met die hande in die hare sit.
Moenie verwag dat die probleme gou uitgesorteer sal word nie.
Sugggg.
Mei 7, 2014 in Uncategorized
Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Litnet Blogs is op die punt om af te spoel – jy weet waarin!
Alle kommentaar beland in spam, selfs jou eie. En vis jy dit daaruit, verdwyn dit in dieselfde gat (om nooit weer gesien te word nie) waarin Litnet Blogs besig is om in te verdwyn (om dalk ook nooit weer gesien te word nie).
Mei 7, 2014 in Allerlei
Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Vuurklip se Blog Monitor rapporteer ook as nuwe bloggers by Litnet Blogs registreer.
Die goeie nuus is dat daar onlangs heelwat nuwe registrasies bygekom het, maar die slegte nuus is dat die meeste van hulle spammers is.
Byvoorbeeld:
Angela Murrell – http://blogs.litnet.co.za/members/angelmurrell
Cinda Bostick – http://blogs.litnet.co.za/members/cinda6801
Alfonzo Oxendine – http://blogs.litnet.co.za/members/alfonoxendine
Marylin Baltzell – http://blogs.litnet.co.za/members/marylbaltzell
Vicki Collick – http://blogs.litnet.co.za/members/vickicollick
Celina Goethe – http://blogs.litnet.co.za/members/celingoethe
Lizette Westacott – http://blogs.litnet.co.za/members/lwestacot
Sunny Dunckley – http://blogs.litnet.co.za/members/sunnydunckley
Lorri Loughman – http://blogs.litnet.co.za/members/tcelorri
Delores Geary – http://blogs.litnet.co.za/members/delorsxn
Ophelia Reade – http://blogs.litnet.co.za/members/ophelzhe
April 28, 2014 in Allerlei, katastrofes
Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Vuurklip dink daaraan om na die WordPress platform oor te trek. Lettersmash was ‘n fiasko maar Litnet Blogs is ‘n train smash. Daar verskyn steeds nuwe probleme terwyl oues nooit of byna nooit opgelos word nie.
WordPress wérk. Die widgets wérk. Kommentaar wérk, daar is nie die babelse verwarrende vermenging van Afrikaans en Engels nie.
Kom bekyk die eksperiment hier:
http://vuurklip.wordpress.com/
April 10, 2014 in gedigte
Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Fokus
Ek is ‘n kamera
Met iris wyd oop
En die lens gefokus
Op see en berg.
Die beelde opgevang
In volle kleur
Vir ‘n wye skerm
In hoë definisie.
Maar die interne negatief
Is tot swart-wit uitgewas
En bly steeds uit fokus.
©vuurklip
10 April 2014.
Onlangse kommentare