by

Ekke dink….

April 22, 2013 in Uncategorized

…ekke moet weer meer kom inloer soos voorheen….

Ek mis dit om net te griffel. Ek het baie baie maande laas geskrywe soos ek voorheen gedoen het. Nodeloos om te sê, die donkerman het my mos gevange gehou… en sy kettings strek steeds nie ver genoeg vir oor die muur klim nie.

Maar ek mis skryf. Dit was maar nog altyd die enigste manier wat ek ken om te kommunikeer, veral by die ongesegte dinge… Ek glo niks is so waar en eg en opreg soos die unspoken word nie. Dws. Wat ek skryf sal ek nooit hardop uiter nie…

Ekke het vandag my tweede werk in 23 jaar begin. Jaaaaaaa. Ek het na 23 jaar by my eerste werk bedank. En het vandag ‘n nuwe deeltjie van my lewe begin. “n Nuwe werk. Dieselfde industry – Hotelwese…maar anders. Dit is lekker om so ‘n verandering te maak. Ek sou nooit gedink het ek sou dit ooit kan doen nie. Ek is ‘n hardcore taurus en verandering kom selde en word selde aanvaar. Maar hierdie keer het dit so vinnig gebeur. Letterlik binne 24 uur het daardie opsig en deeltjie van my lewe verander. Tot dusver ten goede. Uiteindelik…

Ander dinge is ook besig om te verander…maar later hieroor.

Groetnis vir eers tot ek weer woorde kan vind.

dis al.

5 antwoorde op Ekke dink….

  1. vega het gesê op April 23, 2013

    Geniet jou nuwe werk! Hulle sê mos verandering is so goed soos ‘n vakansie

  2. ek-myself het gesê op April 23, 2013

    Ja kom, dis lekker om van jou te lees. Skryf kan help, deel van gesond word en hier op jou blog kan jy die donkerman se gat skop, hy kan jou nie hier vang nie en jy kan hom hier goed sleg se… 😉
    Sterkte met die nuwe werk!

  3. pienkvolla het gesê op April 23, 2013

    Welkom terug, het jou griffels gemis! Sterkte met die nuwe uitdaging – erger as kopaf kan dit nie! 🙂

  4. Ag nice – geniet die nuwe werk en omgewing!

  5. tina10 het gesê op April 23, 2013

    Hoop die verandering maak jou lewe sommer baie beter

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.