Die dryfveer van antagonisme…
November 9, 2012 in Uncategorized
…is jaloesie of is dit omdat denial regtig bliss is?
Maak dit regtig saak of onse prezzie kak is, of omdat Obama weer gewen het? Maak dit regtig saak of jy R10.00 verdien vir a honest hour of work, of R500 vir niks doen fokol? Of dalkies R16,500 vir ‘’n onsie goud…of dalkies bloedsweet vir ’n blink klippie wat iemand in elkgeval na ‘’n paar jaar gaan verruil vir ‘’n prokureur se kostes om juiste daarvan ontslae te wil raak?
Maak jou Gucci en Levi jou gat beter toe as Mister one price jeans? Who knows?
Maak dit regtig saak dat jou buurman met sy vloot geel en rooi karre die bank meer geld skuld as jy wat nog twee jaar oor het om jouse pondokkie af te betaal?
Maak dit regtig saak hoeveel blokkies kak-papier jy nodig het teenoor die ou wat se maag meestal leeg is?
Maak dit regtig saak of jou God in die hemel of in iemand anders se verbeelding bly? Maak dit regtig saak of ek staan en bid en jy op jou knieë?
Maak dit regtig saak of iemand van jou hou al dan nie? Maak dit regtig saak wat jou opinie oor ander is? Maak dit regtig saak?
Wat saak maak is wat jy op die einde van jouself dink…en dan is dit soms net jy wat dink Jy maak nie regtig saak nie…want dan sal jy sien, denial is soms regtig bliss…
Dis
regtig
al.
Tina - @ts het gesê op November 9, 2012
Jy klink erg mistroostig?
exionperfexi het gesê op November 9, 2012
ek’s met jou – sakimaki : soos die slot dialoog in die ou fliek , Gone with the wind : ” frankly my dear, I do not give a damn … “
dappermuis het gesê op November 9, 2012
het jy al opgelet dat mense met hierdie verskriklike lae karre en deure wat snaaks oopmaak nooit OOIT smile nie?? Almal het strak, suur en grim uitdrukkings op hule gesigte…
let bietjie op volgende keer as jy een sien….
ek reken dis honger pyne…
loudavisi het gesê op November 9, 2012
Jis, ek hou van hoe jy dink!
Niks maar regtig meer saak nie, en hoe ouer mens word, hoe minder maak besittings saak.
Dis als dooie goed.
xxx
vega het gesê op November 9, 2012
Al wat saakmaak is dat mens met jou eie gewete moet saamleef. Dis al.
pruimtwak se bloukaap het gesê op November 9, 2012
tye wel, en ander tye nie
Zeppie - @zephur het gesê op November 10, 2012
@vozsola
Jip wat dink jy van jouself..en hoe leef jy met jouself…hoe stel jy jouself eerste…en hoe lief is jy vir jouself
Dit als is ‘n balans wat na regs tuimel
Henry @kompethenry het gesê op November 10, 2012
“Nothing matters very much, and few things matter at all”
– Arthur James Balfour
Carol R @ Losbek het gesê op November 10, 2012
Baie waar !