Die dryfveer van antagonisme…
November 9, 2012 in Uncategorized
…is jaloesie of is dit omdat denial regtig bliss is?
Maak dit regtig saak of onse prezzie kak is, of omdat Obama weer gewen het? Maak dit regtig saak of jy R10.00 verdien vir a honest hour of work, of R500 vir niks doen fokol? Of dalkies R16,500 vir ‘’n onsie goud…of dalkies bloedsweet vir ’n blink klippie wat iemand in elkgeval na ‘’n paar jaar gaan verruil vir ‘’n prokureur se kostes om juiste daarvan ontslae te wil raak?
Maak jou Gucci en Levi jou gat beter toe as Mister one price jeans? Who knows?
Maak dit regtig saak dat jou buurman met sy vloot geel en rooi karre die bank meer geld skuld as jy wat nog twee jaar oor het om jouse pondokkie af te betaal?
Maak dit regtig saak hoeveel blokkies kak-papier jy nodig het teenoor die ou wat se maag meestal leeg is?
Maak dit regtig saak of jou God in die hemel of in iemand anders se verbeelding bly? Maak dit regtig saak of ek staan en bid en jy op jou knieë?
Maak dit regtig saak of iemand van jou hou al dan nie? Maak dit regtig saak wat jou opinie oor ander is? Maak dit regtig saak?
Wat saak maak is wat jy op die einde van jouself dink…en dan is dit soms net jy wat dink Jy maak nie regtig saak nie…want dan sal jy sien, denial is soms regtig bliss…
Dis
regtig
al.
Onlangse kommentare