by

“The Nile”

Augustus 12, 2012 in Sonder kategorie

Vandag is die eerste keer since die 28 ste Junie wat ek weer televisie kyk. Ironies, ek het dit nie eers gemis nie. Gister was die eerste keer since die 28 Junie wat ek ‘n koerant gelees het, ek het dit nie eers gemis nie. Wat ek gemis het, weet nugter alleen. Wat ek weet, het ekke maar via die jungle-drum van mense gesprekke afgeluister.

Ek het bietjie missing in time geraak. Sommer so gaan wegkruip…vir sowat drie weke of so. Dit was ‘n skok gewees, ek het soveel tyd verloor, maar soveel meer as tyd gegain. Ek het nooit ooit besef hoe bitter nodig ek dit gehad het nie. Ek het nog altyd gedink ek’s fine. Alles is ok. Ek is sterk, selfstandig en lewe for real…maar dit was toe nooit so nie. Ek is ‘n failure. Ek het soveel verkeerd aan myself gedoen, met die oningeligte kennis van, I’ve only done by what I thought was right and honest and the best I knew how… Maar ek was verkeerd. My verwysingsraamwerk was verkeerd. My lewenslesse was verkeerd…en hoe weet jy dan jy doen verkeerd as jy dan na alles steeds nie weet wat reg is nie?

Terug by werk, was die eerste week ‘n absoluut crash, boom, bang nagmerrie, waarvan die geheue my genoegsaam beskerm om nie alles te mag onthou nie. Maandag laatmiddag in my tweede week van werk tot ek amper omkap is ek dokter toe. Griep en long infeksie en afgeboek vir nog ‘n week.

Genadelik, was my derde week na my wegraak episode, heelwat gemakliker as die eerste. Nog nie 100% nie, ek twyfel of ek weer daar sal uitkom, maar 60% op die oomblik is beter as zero waar ek begin het.

Elke mens is een van twee, either your own best friend, or your own worst enemy. Ek is die laaste. Ook het ek geleer, dat dit maak nie saak hoe jy inner-self teen jouself wil beskerm nie, there will always be something to remind you, dat jy verkeerd doen teenoor jouself.

Denial – phonetic “de-nile” is ‘n elle lange rivier wat net soveel moerse langer word as jy stroomop wil swem…op die ou-einde is dit net die swart hond wat die wal sal maak…terwyl die kleintjies met moeite nog leer swem, terwyl jy water trap en versuip, vele kere agtermekaar.

Intussen is ek terug…stadig maar seker.

Ps. Dankie aan Lou en sommige ander bloggers vir julle se sms, e-mails en oproepe. Ek waardeer dit so bitter opreg. Soms is dit al wat mens nodig het, as die tyd reg is.

8 antwoorde op “The Nile”

  1. TS het gesê op Augustus 12, 2012

    Welkom terug… hoop jy voel gou baie beter.

  2. sirpsa het gesê op Augustus 12, 2012

    Goed om jou weer te sien.

  3. avega het gesê op Augustus 12, 2012

    Geniet Mel Botes. En ek hoop dis een van die dae 100%

  4. Beterskap.

  5. Jy ‘n failure?
    Nooit!
    Jy is slim en kreatief en ‘n wonderwerk met woorde…jy is stunning!
    xxx

  6. Blessings!

  7. Ag hel.

    Sterkte daar!

  8. zephur het gesê op Augustus 14, 2012

    As al die paaie kon lei tot waar die bron van die lewe bly
    Sou ek my versadig drink totdat dit drup van oorvloed
    en nog sou ek dors wegstap…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.