by

Hola?

Augustus 3, 2012 in Sonder kategorie

12/07/2012

Woede onverklaarbaar

deur

respek

daadwerklik verdraagbaar

altyd met ligsinnigheid

die skyn gebaar

Selfsugting

deur

innige

verdriet verklaar

soos geïnkte letters

mettertyd

die lyn oorskry

Gegiet en ingeëts

verdra die

swaarste van die krag

ongeag

steeds die balans

van buite na binne

©

12 antwoorde op Hola?

  1. Nog duisende 5 sterre oorlat jy terug is.

    Jou gedig “Hemel op aarde” het dubbelgoud op die eisteddfod gewen! Die professor-beoordelaar was sooooo beindruk oor die keuse van gedig!

    Ag, Voz, ek hoop dat alles met jou BAIE goed gaan!
    xx

  2. VozSola het gesê op Augustus 3, 2012

    XXX
    wow, beteken dit dat ek vir ‘n slaggie iets nice gedoen het?

    …wankelrig, maar regop,
    XxX
    en sommer weer
    XxX

  3. TS het gesê op Augustus 4, 2012

    Welkom terug en baie geluk me jou dubbelgoud!

  4. TS het gesê op Augustus 4, 2012

    ek het ook ‘n blogger se gedig gebruik en dit was net so treffer… ander mense sal seker nooit verstaan hoe spesiaal dit kan wees.

  5. lines het gesê op Augustus 4, 2012

    Hola! 🙂

  6. lines het gesê op Augustus 4, 2012

    PS … ek het sommer toevallig weer gaan luister na 14 today.
    Ek dink ek verstaan nou die lirieke 🙂

  7. VozSola het gesê op Augustus 4, 2012

    😉

  8. VozSola het gesê op Augustus 4, 2012

    ps…
    …ekke het ‘n sterk vermoede dat jy heel waarskynlik dit nou reg verstaan…

  9. VozSola het gesê op Augustus 4, 2012

    Hi, baie dankie Tina!
    (nie gedink iemand sal my mis as ek stil-stil weggesluip het nie)

  10. VozSola het gesê op Augustus 4, 2012

    Jy is reg Tina, dit is super-super-special….amper magical!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.