by

Skryf dan eerder met die langhand

Junie 7, 2012 in Sonder kategorie

Soms is dae soos ‘n blanko bladsy wat oop en bloot lê en wag. Soms word dit gevul met ‘n storie, soms net ‘n paar doodles…meestal met onopgesmukte stukkies woorde en halwe gedagtes wat meestal nie sin maak nie. ‘n Ander se shorthand van die lewe bly meestal ‘n raaisel, onleesbaar en onverstaanbaar

Soms as mens in die argiewe gaan krap, dan maak daardie woorde en halwe gedagtes ‘n volle sin, en elk daarna vorm ‘n storie. Dit is herinneringe.

Soms word die herinneringe verdraai deur huidige gedagtes.

Soms is die interpetasie daarvan juis die sleutel tot die oopsluit van ou-ou kelders diep onder in die hart…

…soms is die misinterpetasie daarvan, juis die slot.

Wat mens dan daar vind… sal die hart nooit op die oppervlak verklaar…

Alles om ons en in ons word agter slot, ketting en grendel bewaak…jammer net dat die sleutel soms soek bly.

Dis al.

En

Dis genoeg

7 antwoorde op Skryf dan eerder met die langhand

  1. loudavisi het gesê op Junie 7, 2012

    Jy het die vermoe om my oe oop, oper, oopste te maak, Voz!

    Fan forever..
    🙂

  2. VozSola het gesê op Junie 7, 2012

    Naand sê!
    Ag nee Lou, nou laat jy my sommer skaam voel!
    xxx

  3. loudavisi het gesê op Junie 7, 2012

    xxx
    die waarheid

  4. bloukaap het gesê op Junie 7, 2012

    sekere sleutels is beter missing as found

  5. shlwanjan het gesê op Junie 8, 2012

    *****

  6. TS het gesê op Junie 8, 2012

    net so

  7. Mooi geskryf!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.