by

Op kortafstand

Junie 2, 2012 in Sonder kategorie

Woensdagaand toe ek sien dat kleinding sy skerpsinnige sin vir humor verloor het, het ek geweet, hierdie kind voel nie lekker nie. Donderdagoggend straal hy hitte uit wat my laat smag het om hom om my te vou vir ‘n bersie en saam werk toe neem.

Nodeloos om te sê 09h00 is ek terug by die huis, dokter toe, apteek toe, huis toe met ‘n klein pakkie wat ‘n hele maand se petrol kos. Antibiotika (wat skree teen my geloof) en allerande ander goeters om die snotterye onderbeheer te hou. Griep is ‘n lelike ding. En vir ‘n ma is ‘n siek kind ‘n slegte ondervinding.

Net na een lui my foon, manlief was in ‘n klein robot-onderonsie van bumber-tot-sy betrokke. Sug, Maak kleinding in die bed toe, jaag na die ‘scene’ en kyk en beluister maar die gedoente soos ‘n goeie vrou betaam…in die agtergrond met bek op die grond… en ry maar net stil-stil weer huis toe.

Later in die aand toe alles net begin rustig raak, breek die cowboys en crooks geveg in onse straat uit…sirens, skree van remme, groot ‘thump’ toe kom daar nog ‘n skree van remme en nog ‘n ‘thump’…toe stilte. Soos goeie bure agter gordyne betaam, loer almal deur die skrefies…nie lank nie, kom die sirens terug…weer by die straat af, eers ‘n BMW en baie bloue liggies kort op sy spoor…

Teen daardie tyd het die dag se stress hom netjies regs agter my oor kom tuismaak. Hoofpyn galore!

Vrydag was rustiger…

Vandag beter… (en ek sien die oorblyfsels van daardie ‘thumps’ op die randsteen…centimetres van die lamppaal af…die nogal scary want ons bly om ‘n skerp draai…dit kon lelik gewees het…)

En môre hoop ek vir die beste…dit is nou te sê as buurvrou se tuinhulp eerder 7h00 na die besem sal gryp en nie die leafblower nie… en dat die hadida paartjie nie weer besluit om bostelegraaf vieruur in die oggend met die hele Garsfontein wil speel nie. Netnou word ek verantwoordelik gehou vir die aksie van die voëls op myse erf.

Fluit-fluit

Ps. Op langafstand…sterkte aan die langasems môre. Ek sal cheer met my oggend koffie en left-over biltong.

8 antwoorde op Op kortafstand

  1. loudavisi het gesê op Junie 2, 2012

    Hoop jou kind is sommer gou weer beter. Griep is mos ‘n bliksemse ding.

    Hartman se toe mooitjies vanoggend vir iemand in die koffieshop dat hy so vies is, want toe hy wou inpak vir die maraton, sien hy sy tekkies is gesteel. 😀 (Ook maar iewers gehoor, maar nou ja)

  2. avega het gesê op Junie 2, 2012

    Ek wil daardie leafblowers se bleddie nekke gaan omdraai. Hoekom het mense so obsessie met die goed, en altyd op ‘n Sondag? Hoop kleinding is nou al gesond. Ek het gister na ‘n week se gesukkel ‘n dokter R350 betaal om vir hom te sê dat ek griep het, sodat ek R890 se meds by die apteek kon gaan koop. (Ons med fonds is op na 2 brille 🙂

  3. VozSola het gesê op Junie 2, 2012

    lol!!!
    Dankie Lou…
    XXX

  4. VozSola het gesê op Junie 2, 2012

    LOL!!! Wonder wat het van besems geword?

    Deesdae sê hulle jy het ‘n goeie medies as hulle die brille en pille betaal.
    Ek voel jou pyn…dis juis hoekom ek nie petrol geld vir die maand het nie…

  5. HeavyHenry het gesê op Junie 3, 2012

    Ag sterkte daar – hoop kind is beter!

    Ek wil nou nie swartgallig wees nie, maar die Duitsers het ‘n gesegde, naamlik dat alle goeie dinge in dries kom…

    🙂

  6. bloukaap het gesê op Junie 3, 2012

    bliksemse ding seg my sister….
    vok hier oppie oomblik hoor ek daai mooibek van jou praat ….

  7. loudavisi het gesê op Junie 3, 2012

    ; 0

  8. benmica het gesê op Junie 4, 2012

    Ek was laas Saterdag so siek. Neus stroom en lyf is seer.
    Koop Vitamiene C, B Kompleks en Zink – Skip wanneer ek slaap.
    Drink elke uur een van elk asook Cal C Vita.

    Bly hele naweek in die bed..

    Maandag staan ek op en is weer gesond., Dank die Vader!

    2de keer in 6 jaar dat ek siek is. Elke keer gebruik ek dieselfde resep en dit werk!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.