Vandat ek kan onthou word ek elke oggend tussen 2 en 3 uur wakker. Toe ek nog tiener was, het ek gewoonlik dan koffie gemaak en gelees tot opstaan tyd. Toe ek pas Ma geword het, het ek gewens ek kon net omdraai en slaap…helaas, dit het nooit gebeur nie…Deesdae is dit weer dieselfde. Word wakker en dan lees ek maar vroegoggend nuus op myse foon…en half uur later raak ek maar weer aan die slaap.
Ek kon nog nooit uitvind hoekoem hierdie vroegoggend ure so belangrik is om my so wakker te maak nie, ek is volgens my ma eers na vier in die oggend gebore. Sal steeds eendag wil weet hoekom dit so is.
Toe ek 16 jaar oud was, het ek weereens soos gewoonlik wakker geskrik. Ek het koud gekry en so al langs die bed op die grond gevoel vir my beddegoed. Niks. Toe ek dit lig aansit en sien ekself het nie eers meer my pajamas aan nie, en al die beddegoed is weg, het ek begin paniekerig raak. Ek het onder my bed gekyk. Binne my kaste, bo-op my hangkas en kon niks kry nie. Met ‘n short en t-hemp aangetrek het ek oral begin soek. My ma wakker gemaak en gevra om my te help.
In die eetkamer, agter die yskas het ek al my goed gekry. My pajamas was so perfek en klein opgevou, sonder ‘n kreukel.
My beddegoed was meer amazing. Die twee lakens, was so klein en plat gepress dat dit onmoonlik was om dit eers so te srtyk. So ook die duvet cover…en die duvet inner kan g’n winkel so plat vou sonder ‘n vacuum pack nie.
Die enigste pofferigeheid was die kussings, wat gewoonlik pannekoekplat was, is so opgepof en uitgedons dat ek te bang was ek versmoor as ek weer daarop gaan slaap.
Ek en ma het maar weer die bed opgemaak. Ek het nooit weer daardie pajamas aangetrek nie. My ma sê sy het soos gewoonlik my hoor wakker word…die lig onder die deur gesien en gedink ek gaan koffie maak en lees.
Maar ek het nie daardie aand koffie gemaak nie.
Na al die jare wonder ek steeds wat daardie oggend gebeur het…
Maar na al die jare van wakker word tussen 2 en 3 in die oggend, het net twee dinge verander…ek word wakker van ‘n deur wat toeslaan, soms so hard as ‘n geweerskoot…ander kere ‘n glas wat breek… maar ek voel altyd eerste of ek nog by jamies aan het en waar my beddegoed is.
Na die jare is manlief al gewoond daaraan dat ek paniekgevange hom wakker maak en hy het al talle oggende ‘n stukkende venster gaan soek… deesdae sug hy net en snork verder.
Snaaks hoe sulke goed wat jy as normaal beskou sommer net in ‘n oomblik jou laat wonder of dit wel is…
Gebeur sulke goed met julle ook?
Onlangse kommentare