Jy blaai in die argief vir 2012 April.

by VozSola

by VozSola

net vir Henry

April 11, 2012 in Sonder kategorie

Ok, Henry, hierdie een staan steeds in myse eie doodle gedagtes….

en….

hierdie een, Henry, staan voor myse eie stoep…

by VozSola

Tussen regop staan en kruip…

April 10, 2012 in Sonder kategorie

…kies ek deesdae eerder om te kruip…as om my myse ankers só diep te wortel dat daar geen kans is vir oorleun en omval nie. Om altyd standvastig te wees is dalk ‘n bekoring of dalk selfs ‘n baken vir ander…maar vir my…?

Nee wat, ek dink my wortels moet maar so vêr kruip vanaf die staanspoor…van standvastigheid (of dalk die einste illusie daarvan)

Wie weet, dalk is kruip in hierdie opsig heelwat beter as regop staan…

by VozSola

Jip, hier lê een van die probleme

April 9, 2012 in Sonder kategorie

Neurodegenerative disorder with accumulation of brain iron

(NBIA)

….at least I know I’m a hardheaded woman!!!

sug…

glad nie so nice nie….

maar het nog baie om te leer en te verstaan wat die toekoms inhou.

by VozSola

Eendag wanneer ekke groot is…

April 3, 2012 in Sonder kategorie

(personal & confidential correspondensie aan myself om te sien wie ek is)

Ekke het nog net twee verjaardae parties gehad. Toe ekke nege geword het en ‘n geel en bruin Maya koek gekry het. My Ma het maatjies genooi vanni skool wat ekke nie eers geken het nie. Van geskenkies was daar nie sprake nie. Van my ma-hulle het ekke en my sussie altyd saam dieselle gekry. Dit is vandag nog so! My ma stuur altyd vir ons albei dieselfde geskenkies.

Die volgende party wat ek gehad het was die mees ‘volslae mislukking van ‘n 21sr’ ooit! My sussie het ‘n blind date gereël . (Note. Never arrange a blind date for a 21st!) Dit was totally so ‘n verkeerde match! Verder was daar ‘n paar werksmense en ‘n pel of twee. My wit chiffon mini het soooo deur geskyn dat ek skaars my voete my Monroe’s kon sit, of Adele’s se pimp wou my opline! (Plek name slegs bekend aan ou Pretorianers)

Jip, ja wel. Dit was die enigste birthday parties ooit. Nou met die naderkoms van the big “4-Oh” glo ek dit sal nie anders wees nie. Alhoewel ek wens ekke kry a spa-voucher vir ‘n paar ure se bederf, maar ek weet dit gaan nie gebeur nie. Nevermind ‘n paar pelle nooi, want daar is nie juis spaargeldjies vir entertainment of uiteet nie. (Spaargeld is wat jy in jouse petrol tenk gooi, coin vir coin vir kilometres)

Maar my wense lê eerder by myself (wat ek gans te lank afgeskeep en middeldeur met sekeres gedeel het) …wil ek net bietjie wyser wees as nou. Ek wil net so klein bietjie beter verstaan. Ek wil leer om soms “nee” te sê. Ek wil leer om selfsugtig met my tyd te wees. Ek wil leer wat daardie sogenaamde ding – liefde is – die soort wat nie seermaak nie. Ek wil weet wat dit is om waardeer te word. Ek wil leer om met ‘n bietjie meer as die ‘f-you’s’ in myse lewe te verwag. Ekke wil leer om myself te vergewe soos ek ander vergewe, sommiges 10×10 keer in dieselfde dag. Ek wil leer om net een keer terug te antwoord en sê” Nee, dit is nie reg nie” of “No, you did not do right by me”

Net vir een ou daggie in my grootwees jare wil ek sien, voel, ervaar wat ware geluk is, ongeag in watter vorm ookal. Al is die in die son, of maan, gras, wind of berge of dalk in Jesus.

Soos Jeanne gister geskrywe het dat sy nie meer haat wil voel nie, so ook wil ek nie meer hierdie seer voel nie. ‘n Seer waarvan net ‘n paar weet, ander sal nooit, my pelle sal my nie glo nie, my kollegas sal my verag… en dit sluit my eie familie in, dit sal my Ma breek! Hierdie is ‘n ongoing eternal eina wat nooit ophou bloei nie, omdat dit daagliks keer op keep oopgekerf word. Weet daar is geen menslike pleisters gemaak om einste menslik-inflicted snye en gate in ‘n siel en hart toe-te-plak nie. It’s not self-inflicted and it’s no choice. Soms is daar bloot geen goeie keuses uit die slegstes te kies nie. Dit is bloot nie ‘n keuse if you ain’t gonna play the game with no Ace in hand or up your sleeve. Ek het geleer die lewe is nie die happy-happy clap your hands event nie.

Die lewe is flippen harde werk…en some will never find the joy, maar vanaand voel ek nie bevoorreg om een van diegene te wees nie.

Daar is baie maniere om ‘n ander te manipulate. Emosioneel, finansieel, verbaal, en ja, daai een ook… om iemand so te verniel sonder om ‘n hand te lig om ‘n merk te laat, is fokken laag en onderduims…en die handtekening van ‘n coward word vir ewig in ‘n siel geëts.

Kyk om jou…hoeveel mense met onsigbare merke sien jy in jou lewe…die merk sit inni oë wat nooit retig ooit weer kan opkyk nie…die merk laat hulle skaam, die merk maak hulle minderwaardig…die merk is hulle teken van ‘niks’ wees. Hulle merk is die merk van die eensaamheid en onmenslikheid tot waarna hulle verban is…

Aan ander wat hier lees… en niks verstaan nie, moenie worry nie…kliek maar net uit en verby.

by VozSola

Emosies maak ons suckers van onse eie onmin

April 2, 2012 in Sonder kategorie

Hoe kan mens sonder emosies leef? Of eerder oorleef?

Maar, dan is dit net so skadelik vir onse siele as om sonder enige emosie die lewe te ervaar.

My vraag is dus, wanneer is emosie genoeg, en wanneer is dit te veel?

Sommige huil, ander wroeg, meeste dink, minder voel…

Wat is emosie dan, anders as die twee wêrelde tussen happy en sad?

Vir my is dit daardie hele spectrum van kleur wat die wêreld tussen bogenoemde uiterste inkleur. Die kleure tussen wit en wit…

Hoekom is emosie soms so ‘n straf om te verstaan en ander kere so ‘n straf om te ervaar…en ongeag die feeling, is ons altyd die suckers wat skuldig voel juiste omdat ons voel…as ons happy is, is ons sad vir ander wat ongelukkig is…en sommige is soms net happy as hulle sad is…en ander word sad deur hulle geluk…

Hoe leer mens dan om balans te behou in ‘n wêreld van wipplank ry?

Hoekom dink mense soms om ‘n weersin van emosie te toon is verkeerd en ander sien die volle impak van emosie ook as verkeerd. “get a grip and get a life”!!! either or!

En as jy die dag met jouself baklei oor hierdie onderwerp…

Weet net, verloor gaan jy verloor…

Want met ongekende, of ongerepte, of unhandled emosies…is almal verloorders.

Wonder wie van julle het al hierdie stryd gewen?

by VozSola

Slim vang toe nou-net sy baas…

April 2, 2012 in Sonder kategorie

…toe ‘slim’ uit ge-figure het dat as ‘dit’ nie meer seermaak nie…is sy ‘baas’ ’n lewende-dooie…

Really.

Dis al.

(no comment required)