by

Lang naweek…

April 29, 2012 in Sonder kategorie

…manlief is Vrydag oggend dou voor dag op ‘n dringende versoek geroep om ‘n paar toeriste Kruger toe te neem…en hy kom eers baie laat Maandag aand of Dinsdag oggend terug…

So, ek en kleinding is tot onse eie genade oorgelaat…maar die klein…

…plesiertjies, boring soos dit mag klink vir ander…is wonderlike voedsel vir die gees…nes die slab chocolate en pakkie koekies…en die klein bietjie biltong bederf…

Kleinding se wonderlike sin vir humor het dit tot dusver ‘n heerlike naweek gemaak…Laat slaap, vroeg slaap, inni mirrel van die dag slaap…met my voete op die bank sit…TV kanale kyk wat gewoonlik nie vir my beskore is nie…boek lees tot ek daarvan droom…koffie maak 3uur in die oggend… eet net wanneer ons honger is…(na al die snacks wat ons tot dusver verorber het…was net die vesel van die oats koekies ‘healthy’)

Die beste is toe ek nou-nou myse Automatic Weekday 04h30 deativate het…vir ‘n Maandag oggend!!!

What a pleasure!

En ekke voel nie eers skuldig nie! (al was dit bitter sleg van my om nie eers hier oppi blogs te kom inloer het nie!)

17 antwoorde op Lang naweek…

  1. avega het gesê op April 29, 2012

    Mens mag dit mos nie hardop sê nie, maar as manlief weg is, voel dit soms soos een minder demand op mens. Lekker om die TV kanale te kyk wat jy wil 🙂

  2. erikavz het gesê op April 29, 2012

    Ek het dit ook altyd so geniet as my man weg gewerk het, dit gee mens net daai bietjie uithaak.

  3. TS het gesê op April 30, 2012

    Klink heerlik!

    Geniet

  4. loudavisi het gesê op April 30, 2012

    Jy het niks om oor skuldig te voel nie!
    Dis tyd dat jy en “doen wat jy wil” moet bond…
    ; )
    xx

  5. Neffertiti het gesê op April 30, 2012

    Dis nou gemaklik.

  6. Madhatter het gesê op April 30, 2012

    Te lekker. Geniet elke oomblik.

  7. so lekker wegbreek van die daaglikese roetine!

  8. HeavyHenry het gesê op April 30, 2012

    Die min vesel kan ons jou nog vergewe – maar om nie te kom blog nie! – Totaal onaanvaarbaar!

    🙂

  9. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    Sjoe, Ek’s jammer, U edelagbare,
    Mag ek nou vergewe word?
    :-))

  10. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    Jip…
    en nou’s dit klaar!

  11. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    Ek het, baie dankie!

  12. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    Dit is gemaklik, veral die couch!
    🙂

  13. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    Jy weet darem net hoe om dit te sê!
    XXX

  14. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    Baie dankie!
    😉

  15. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    😉
    Jip, jy verstaan!

  16. VozSola het gesê op Mei 1, 2012

    Shhhs, nie so loud nie!!!
    😉
    Dankie!

  17. HeavyHenry het gesê op Mei 2, 2012

    Ja seker maar –

    “Mutter-mutter-mutter”

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.