by

Vertel my dan

April 22, 2012 in Sonder kategorie

‘n kinder gesig op ‘n plooi getrek,

nog ‘n kreukel onder ‘n ma

se oog het ongestryk geblom,

liefde het hardhandig aan

‘n jong hart gepluk

toe nog kon slegs

trane die seer bedek

nou bly net die seer

liefde se swaartekrag

het elke emosie se

eb en vloed bepaal

meestal net-net binne gevaar

onmoonlik om oor hierdie see te vaar

vertel my dan

hoe sal sy van liefde weet

die son was net ‘n skyn

die woestyn nog steeds net sand

al wat oorbly is wie weet wat…

vertel my dan,

hoe sal sy dan nou ooit van liefde weet?

©

In myse griffel-wëreld van stille woorde is daar iets waaroor ek gesweer het ek sal nooit oor griffel nie, en dit is die liefde. Dit is so ‘n omskrywende emosie dat dit heel dikwels way too good to be true beskrywe word. Ek verstaan bloot nie daardie soort van liefde nie.

In myse griffel-wêreld van stille woorde is daar ‘n doel…om woorde te gee vir ander wat nie kan of mag praat nie. Dis maar een van die hoofredes hoekom ekke soms griffel. Meestal vir ander…al is dit dalk in die proses om myself te mag verstaan… Maar die liefde, nee wat, liefde is gans te hoog vir myse griffel-vernuf, veral nie soort van liefde wat ek ken nie. Daardie soort van liefde het altyd ‘n prys…

1 antwoord op Vertel my dan

  1. loudavisi het gesê op April 22, 2012

    Altyd ‘n prys….en so betaal ons en alles gaan in ‘n bodemlose put.

    xx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.