by

ag, net ‘n klein bietjie trots vanaand.

April 16, 2012 in Sonder kategorie

So…kleinding is die jaar mos hoërskool toe. Nuwe skool, nuwe vriende (want in die stad is daar mos hordes skole om te kies en te keur na gelang van jouse aardse rykdom) so hy het meeste van sy ou vriende so verloor.

Nietemin, het ek besluit om nie soos vorige jare enige druk of selfs comments te maak oor sy skoolwerk of huiswerk nie. My houding (reg of verkeerd) was, eerste kwartaal sal ek hom laat gaan, al kom hy geen vak deur nie, maar hy is gelukkig en aangepas, sal ek gelukkig wees vir eers. Dan eers sal ekke die nice mommy stoppers aandraai.

Ek het net vir hom gesê, as nuweling en jongeling in hoërskool is daar net drie reëls om jou voete te vind…’don’t have an attitude” en die twee goue reel vir hierdie jaar “have fun” en laastens; “if you think and know you’ve done the best you could” dan is dit goed genoeg vir my.

Wel, rule one het gewerk en hy was onmiddelik tuis veral met die matrics… rule two werk oortyd…maar met rule drie…met die ontvangs van sy eerste hoërskool rapport…

Ja wel, dit het ek nie verwag nie…Distinction in History! French revolution nogal…

En Social sciences, Technology en Natrual sciences is oor die 70%.

Maar ongelukkig eindig sy Afrikaans met ‘wag ‘n bietjie’ en ‘ag, foeitog’… Miskien moet ek hierdie jaar onse huistaal na Afrikaans oordra…miskien kan hy en sy pa beide gelyk ietsie meer leer…

25 antwoorde op ag, net ‘n klein bietjie trots vanaand.

  1. frandr het gesê op April 16, 2012

    Dis wonderlik – en hy is gelukkig om so ‘n wyse ma te hê.

  2. shlwanjan het gesê op April 16, 2012

    jy mag maar trots wees. Dis mos ‘m mamma se job om trots te wees!

  3. Madhatter het gesê op April 16, 2012

    Wonderlik. Agter elke suksesvolle student staan daar ‘n Ma met ‘n koppie koffie.

  4. Geitjie1 het gesê op April 17, 2012

    Dis lekker as kinders jou so ‘n warm, dankbare gevoel gee…………………

  5. loudavisi het gesê op April 17, 2012

    Geluk dat jy so ‘n goeie ma is, Voz!
    Ma’s wat nie opdruk vir punte nie, is ma’s wat van beter weet.

    xx

  6. pienkvolla het gesê op April 17, 2012

    Baie geluk met kleinding se prestasies! Soms is dit beter laat hulle self eers vir hulle bewys.

  7. Modigliani het gesê op April 17, 2012

    Wonderlik!!

  8. HeavyHenry het gesê op April 17, 2012

    Jaa!

    Dis nou virrie taalding – dis bietjie laat, maar better late than never – toe ons oudste skool toe gegaan het, was dit vir hom snaaks dat die ander ouens net een woord gehad het vir goed waarvoor hy drie gehad het – hy het nie besef dis drie tale nie…

  9. avega het gesê op April 17, 2012

    Wonderlik, maar ek stel mos eintlik net belang om te hoor hoe gaan dit met die Wiskunde?

  10. Twaksak het gesê op April 17, 2012

    Toe ek in matriek op ‘n kol Wiskunde druip, toe doen my pa daai, “Wel, solank jy jou bes gedoen het”-ding. Ag, slaan die kind liewers dood!

  11. VozSola het gesê op April 18, 2012

    😉
    danke

  12. VozSola het gesê op April 18, 2012

    🙂
    ek’s eerder die gelukkige een om hom te hê!

  13. VozSola het gesê op April 18, 2012

    ;-))
    Dis die lekker deel van ma wees!

  14. VozSola het gesê op April 18, 2012

    jong, hierdie ma is die een wat die koffie sal drink!!!

  15. VozSola het gesê op April 18, 2012

    ja-nee, dit is lekker en ek voel sommer weer dankbaar!

  16. VozSola het gesê op April 18, 2012

    !!! Dankie Lou….
    xxx

  17. VozSola het gesê op April 18, 2012

    ;-)) dankie.
    Jy’s reg…

  18. VozSola het gesê op April 18, 2012

    !!!
    ;-))

  19. VozSola het gesê op April 18, 2012

    oepsie, hoop nou nie Oom-Boet Henry is dalk kwaad vir my oor die taal-ding nie?
    (onse huisie is mos so bietjie a-la-international aanmekaar getimmer) As ons nie Ingles praat nie, verstaan niemand mekaar nie!!

  20. VozSola het gesê op April 18, 2012

    !!!
    ;-))

  21. VozSola het gesê op April 18, 2012

    Hy sê Tannie Vega moenie worry nie, dis net-net onner die 50 of so…hy’t belowe hy gaan bietjie harder werk aan daai een.

  22. VozSola het gesê op April 18, 2012

    hahahaha…..
    Haai nooit, kan mos nie so iets doen nie…
    ;-))

  23. avega het gesê op April 18, 2012

    🙂

  24. HeavyHenry het gesê op April 19, 2012

    Dis eintlik wonderlik – die kind hoort dan eintlik maklik al die tale wat hy hoor te kan leer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.