In die abnormaliteit van normaal wees
April 15, 2012 in Sonder kategorie
…het bitter min nog immers soort van idée wat normaal behoort te wees.
Wat vir een normaal is, is buitengewoon abnormaal vir ander… en om aan die verkeerde kant van normaal te staan, in hedendaagse society, want dit is al wat hul ken, is soortgelyk aan ‘n ewige emosionele afstomping…en dit is nie normaal nie.
…en vir ons wat bid vir ander se abnormaliteit in hierdie samelewing; “vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie…” (wat ek somewhere deep down weet hulle weet presies wat hulle doen)
…en ek bid; “Vergewe my want ek weet nie wat ek moet doen nie…”
loudavisi het gesê op April 15, 2012
Ek is die enigste normale een uit die ses wat in en om my huis woon.
😀 (Dis wat ek dink – hulle dink weer ek is way out abnormaal)
Dink aan ‘n trop skape. Die massa bepaal die normale. Die een wat afdwaal is dan abnormaal.
As mens almal in die dorp bymekaar moet kry om te stem vir sanghelde, gaan almal, behalwe ek en nog drie ander, vir Kurt en Nadine kies.
Dis boring om normaal te wees.
Ek hou baie van jou laaste sin.
xxx
avega het gesê op April 15, 2012
Ons gee labels vir alles. Dan is abnormaal OK. Of word normaal dan abnormaal of andersom, ek weet ook nie wat nie.
zephur het gesê op April 16, 2012
Ja wie stel die perke van normaliteit…
HeavyHenry het gesê op April 16, 2012
“Dis boring om normaal te wees.”
Jaaa!