Lang naweek…
April 29, 2012 in Sonder kategorie
…manlief is Vrydag oggend dou voor dag op ‘n dringende versoek geroep om ‘n paar toeriste Kruger toe te neem…en hy kom eers baie laat Maandag aand of Dinsdag oggend terug…
So, ek en kleinding is tot onse eie genade oorgelaat…maar die klein…
…plesiertjies, boring soos dit mag klink vir ander…is wonderlike voedsel vir die gees…nes die slab chocolate en pakkie koekies…en die klein bietjie biltong bederf…
Kleinding se wonderlike sin vir humor het dit tot dusver ‘n heerlike naweek gemaak…Laat slaap, vroeg slaap, inni mirrel van die dag slaap…met my voete op die bank sit…TV kanale kyk wat gewoonlik nie vir my beskore is nie…boek lees tot ek daarvan droom…koffie maak 3uur in die oggend… eet net wanneer ons honger is…(na al die snacks wat ons tot dusver verorber het…was net die vesel van die oats koekies ‘healthy’)
Die beste is toe ek nou-nou myse Automatic Weekday 04h30 deativate het…vir ‘n Maandag oggend!!!
What a pleasure!
En ekke voel nie eers skuldig nie! (al was dit bitter sleg van my om nie eers hier oppi blogs te kom inloer het nie!)
Onlangse kommentare