Gister se vandag
Maart 31, 2012 in Sonder kategorie
Donker stik
‘wyl die sekelmaan
al die sterre oes
‘wyl ‘n kind se snik
die ander een vermaan
‘bly net stil en koes’
====================
Ogies groot
‘n lewe het haar uit
die pram gestoot
wêreld vol mense groot
die rivier vloei net suid
vaar alleen met siel en boot
=====================
Soms as memories so diep begrawe word… word die werklikheid in drome verklaar.
Maar dit is wanneer slegs woorde dit kan openbaar.
Soms dink jy, soms skryf jy.
Net woorde alleen maak dit weer waar.
Dis al.
loudavisi het gesê op Maart 31, 2012
Ek vertrou nie drome nie!
Het heel gister getob oor ‘n flippen nagmerrie. As ek my kom kry speel dit weer voor my af.
Ek gaan dit vir niemand vertel nie, want soos jy se: woorde alleen maak dit waar…
xxx