The mortality rate of morality
Maart 22, 2012 in Sonder kategorie
…buitensporig hoog.
Die lewensvatbaarheid van bogenoemde is skaars ‘’n baksteenhoogte groot voor dit met die loop van omstandighede ‘’n ongenaakbare en pynlike uitgemergelde en wroegende dood sterf.
Daardie soort van dood waar mense uit die samelewing tot ‘’n wegsteek hoekie agter die moederskamer versteek word, tog te bang dat die gemeente sal aansteek.
Sodra jy die siekte van moraliteit het, word jy tot afsondering verdoem tot jy genees is om in ‘’n perfekte korrupte en moreelose lewe kan funksioneer of totdat jy ‘’n volslae sameleweings banneling word, wat slegs of tweedehandse afval gewetes van die rykmans-tafel mag eet – en dan so doen in alle nederigheid, eerbied en onvoorwaarlike dankbaarheid – sonder skuld of gewete.
Klink of Oom Darwin se selection theory hierook kan kers vashou…maar ek wonder of die morele evolusie nie eerder deesdae in reverse loop nie…en almal tog maar elders veertig jaar lank deur die woestyn van goedkoop vreudge loop terwyl ander plotselings navolg met ‘’n gekners van tande en smalende vals agendas net om ook vir ‘’n wyle weer uit die morele ballingskap te mag ontsnap…
Party sê; dis maklik, just change your mind….
Ek sê: I will never change my thinking.
Doubtingthomas het gesê op Maart 22, 2012
!!!
Groenwyn het gesê op Maart 22, 2012
Bravo!
bloukaap het gesê op Maart 23, 2012
die ding is….
die mind en thinking is twee dinge
en dan is daar;reason
en dan is daar; amnesia
eens op ‘n tyd het ook ge-think
myse mind hettie gecare nie
VozSola het gesê op Maart 25, 2012
Baie Dankie!
VozSola het gesê op Maart 25, 2012
;-)))
VozSola het gesê op Maart 25, 2012
die ding…
jy is reg.
😉
Thnx