by

Halwe leegtes

Februarie 13, 2012 in Sonder kategorie

…is om leemtes te vul waar

‘n ander sy hart verdrink

‘n dorsland trek van gewetes

na vergifnis na te spoor

terwyl die draaiende wiel

om-en-om die as soms

dieper in die sluimersand wegsink

‘n ander se kaal spoor tussen

kreukelmodderlae

sonder stampe verby sleep

selfs dan word dié se spore deur

leemtes van ‘n nou-nou vervul

soos hierdie pen

opgevul met ink

tussen woorde ook maar

ander leemtes agterlaat.

© SueEè

4 antwoorde op Halwe leegtes

  1. TS het gesê op Februarie 14, 2012

    Hi!

  2. Daar sal altyd leemtes wees.
    xxx

  3. soms, ja net soms, wonder ek oor die bestaan van leemtes

  4. waas jy?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.