by

Brabbelbek gedagtes

Februarie 9, 2012 in Sonder kategorie

Volmaan weerverskynsels is altyd vreemd. Vanoggend ry ek Kerkstraat af stad toe. In my kant spieëltjie bloei die son oranje-rooi in die haziness van tissuepapier wolke. Dit was eerie net soos my droom gisteraand, wat oor en oor deur die dag voor my bly afspeel. Ek voel angstig. Ek het ‘n hol kol op my maag…soos in afwagting vir iets…my hoofpyn is skreiend en paniek versteur helder denke wat ek regtig vandag nodig gehad het…

Mense en hul dinge hou soms my gedagtes besig. Hoekom mense is soos hulle is. Hoekom hulle doen wat hulle doen…Hoekom hulle optree soos hulle doen…Hoekom hulle altyd dinge sê wat hulle soms nie bedoel nie, meestal wel, maar nooit jammer sê nie…

Soms verlang ek na dinge wat nie bestaan nie. Soms verlang ek na dinge wat ek nie eers ken nie. Soms verlang ek na dinge wat nog nooit was nie. En soms verlang ek na dinge wat ek vergeet het.

Amazing hoe mens se breinkrag soms sommer so op ‘n dag afgeskakel word om deur ‘n volmaan in ‘n ander lig-verskynsel van jouself te mag sien….soms met gesonde vlerke…soms geskroei…maar altyd reg vir vlieg.

8 antwoorde op Brabbelbek gedagtes

  1. TS het gesê op Februarie 10, 2012

    Drukkie* Ek verlang ook soms na dinge wat ek nie weet of ken nie

  2. dis die ‘reg’ vir vlieg wat tel ….

  3. jip…nes jy daar sê!

  4. :-)))
    Hallo’s daar.

  5. Dankie Baie.
    😉

  6. en vir jou…
    ja, soms wonder ek hoekom dit so is…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.