by

Nagtegaal

Februarie 5, 2012 in Sonder kategorie

Stil besing die koor vrede, tot die vrees verdwyn.

Soms as die stilte die waarheid trek en siels- dinge soos herfsblare van jou lyf afstroop sodat jy winternaak in die koue van die lewe staan, slegs dan voel jy die son op jou lyf. Die fyn strale van geluk deur ‘n gesifte hart skyn. Maar ook die koue wind wat soos sand in ‘n storm jou vel van lewe stroop.

Wanneer blote bestaan deur blote menslikheid gevul word ervaar jy alles anders. Ander se seer word vir jou ‘n bebloede sweer wat jy eerder skaam-skaam onder jou vel verbloem te bang om ander jou swak aansteeklik te wys…en ander se blydskap soos ‘n grin op jou gesig vasplak soos donker make-up op ‘n stage in ‘n play waarvan jy nooit deel sal hê anders as die stomme wat agter inni hoek bly staan, glimlag en staar.

En skielik besef ek, ek is ook maar tussen hier en daar…

Dit het my sommer so stil-stil bekruip…

Of miskien was dit maar net nog altyd daar…waar ek glimlaggend ander se seer besweer…

Dalk ‘n besending in my eie reg? Wie weet, dalk doen ek dit eendag reg.

4 antwoorde op Nagtegaal

  1. Dalk..

    xx

  2. avega het gesê op Februarie 6, 2012

    Ek dink jy doen dit soos jy moet.

  3. frandr het gesê op Februarie 6, 2012

    ((drukkie))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.